Huisgenoot

FLITSVRAE: WYNAND KOTZE

Tollie Parton en WynVirDieP­yn op TikTok

-

Wat is geluk vir jou?

Cuddles, cupcakes en katte.

Wanneer en waar was jy op jou gelukkigst­e?

Toe ek in die oggende vyfuur saam met my ouma rofstoei op TV gekyk het.

Waaroor is jy spyt?

Oor my dubbelken.

Wat sou jy anders doen as jy jou lewe kan oorhê?

Minder fudge eet. Dis obvious.

Hoe sal die mense wat jou goed ken, jou beskryf?

Hot, slim, talentvol, baie snaaks. Het ek al gesê hot?

Wat is jou beste eienskap?

Ek is baie nederig.

En jou slegste eienskap?

Ek het actually ’n moerse lae selfbeeld.

Met watter slegte eienskap in ander kan jy saamleef?

As mense geld uitgee op hulle vriende. Ek dink nie dis die slegste eienskap wat jy kan hê nie. Doen dit maar, en wees my bestie.

Wat beïndruk jou in ander mense?

Mense wat nie maklik aanstoot neem nie beïndruk my, want dit sê baie oor jou intellek.

Wie wil jy graag vir ete nooi?

Minki van der Westhuizen. Ek wil net weet hoe sy dit doen.

Wat sou jy dan vir ete maak?

Ag, seker maar slaai.

Wat of wie kan jy glad nie verduur nie?

Mense wat dink hulle is beter omdat hulle nie vloek nie. Whatever.

Jy is alleen op ’n eiland met een boek om te lees – wat is dit?

Die Huisgenoot.

Wat sal die boek oor jou lewe se naam wees?

Oepsie.

Wat dink jy gebeur ná die dood?

Weet jy? Exactly.

Watter bekende persoon bewonder jy die meeste en hoekom?

Fame is ’n mite in dié land. Beyoncé is famous, en dalk Bobby van Jaarsveld. Die res van ons is delusional.

Wat is die een ding wat jy wens jy het op hoërskool al geweet?

Die gewig wat jy optel as jy jonk is, sukkel jy om af te skud as jy oud is.

Waardevols­te les wat jou geliefde jou al geleer het?

Om nooit jou stem te verloor nie. Never go mute, selfs al wil ander mense hê jy moet.

HIER’S NOG: BESOEK HUISGENOOT.COM VIR DIE VOLLEDIGE VIDEO-ONDERHOUD “50 VRAE MET WYNAND KOTZE” EN DIÉ VAN ANDER BEKENDES.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa