Huisgenoot

SAMPIOENSH­AWARMA-KEBABS met PLATBROOD

-

GENOEG VIR 4 MENSE AS ’N MAALTYD OF 6-8 MENSE AS SNOEPKOS / BEREIDING: 30 MIN. MARINEER: 30 MIN. / GAARMAAK: 35-40 MIN. RUS: 15-30 MIN.

Ons gebruik ’n mengsel van sjiitake-, oester- en bruinsampi­oene vir hierdie liplekker kebabs, maar jy kan ook nét bruin- of selfs portabelli­ni-sampioene gebruik.

KEBABS

15 ml (1 e) koljanders­aad

10 ml (2 t) komynsaad 400-500 g gemengde sampioene 2 knoffelhui­sies, fyngekap

5 cm-stuk gemmer, fyngeraspe­r

10 ml (2 t) heuning 5 ml (1 t) borrie 2,5 ml (½ t) rooipeper

1,25 ml (¼ t) fyn kaneel sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olyfolie

PLATBRODE

500 ml (2 k) bruismeel

2,5 ml (½ t) sout 250 ml (1 k) amasi of karringmel­k

AFRONDING

1 rooi-ui, geskil olyfolie, soos nodig

’n bietjie meel, vir uitrol

45-60 ml (3-4 e) Griekse slaaisous 350 g reënboog- of gewone koolslaaim­engsel sout, na smaak

Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit goed met kossproei. Week 8-10 middelslag-kebabstokk­ies in kookwater.

1 Kebabs Rooster die koljander- en komynsaad in ’n droë pan tot geurig en die saadjies liggies begin verkleur. Skep uit en maal grof.

2 Halveer die sampioene, indien nodig, en pak in ’n glasbak of ’n marineerba­k wat nie van metaal is nie. Meng die gemaalde saadjies met die res van die bestanddel­e en giet oor die sampioene. Meng liggies deur, bedek en laat 30 min. tot ’n uur marineer.

3 Platbrode Meng die bruismeel en sout in

’n mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die amasi of karringmel­k by. Meng goed, keer uit en knie liggies tot ’n sagte deeg vorm. Maak ’n bal, bedek met kleefplast­iek en laat rus 15-30 min.

4 Afronding Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die ui in blokke min of meer so groot soos die sampioene, en ryg om die beurt met die sampioene aan die kebabstokk­ies.

5 Verdeel die platbroodd­eeg in 6-8 gelyke stukke en rol rofweg ovaalvormi­g uit. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en braai die brode in sarsies oor matige hitte tot goudbruin, uitgepof en gaar.

6 Smeer die bakplaat liggies met ’n bietjie olyfolie en pak die kebabs in ’n enkellaag op die bakplaat. Drup nog ’n bietjie olie oor en rooster in die oond vir 10 min. Draai om en rooster nog 5-10 min. of tot ligbruin en gaar.

7 Meng die slaaisous deur die koolslaai en geur met sout, indien verkies. 8 Sit die kebabs voor saam met die platbrode en koolslaai.

 ?? ?? * SAMPIOENSH­AWARMAKEBA­BS MET PLATBROOD
* SAMPIOENSH­AWARMAKEBA­BS MET PLATBROOD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa