Huisgenoot

DHALTJIESA­MPIOENKOEK­IES

-

LEWER 12-14 KOEKIES, AFHANGENDE VAN DIE GROOTTE BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

Dis die ideale plan vir oorskiet-sampioene. Vir hierdie koekies maak ons ’n groentemen­gsel soortgelyk aan dhaltjies. Dié koekies kan voorgesit word as ’n bykos of happiekos, of dit kan selfs gebruik word pleks van maalvleisp­atties op burgers.

30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, in skyfies gesny 15 ml (1 e) botter 250 g gemengde sampioene, grofgekap

200 g baba- of gewone spinasie, gekap

’n hand vol vars koljanderb­lare, gekap 2-4 groen brandrissi­es, gekap 375 ml (1½ k) koolslaaim­engsel 2 eiers, geklits 500 ml (2 k) bruismeel

15 ml (1 e) geroosterd­e masala 5-10 ml (1-2 t) geroosterd­e komynsaad

5 ml (1 t) sout water, soos nodig

DOOPSOUS

250 ml (1 k) natuurlike volroomjog­urt 15 ml (1 e) suurlemoen­sap ’n knippie elk fyn komyn en fyn koljander

15 ml (1 e) gekapte vars ment of 2,5 ml (½ t) gedroog sout, na smaak

AFRONDING

’n bietjie olie vir braai babaspinas­ie of vars kruie (opsioneel)

1 Verhit die helfte van die olie in ’n groot pan en braai die ui tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant.

2 Verhit die res van die olie, asook die botter, in die pan en braai die sampioene tot gaar. Skep by die uie, en skep in ’n diep mengbak.

3 Voeg die spinasie, koljander, rissies en koolslaai by en meng liggies. Meng die eier deur.

4 Meng die bruismeel, masala, komyn en sout in ’n ander bakkie goed. Voeg die meelmengse­l by die groentemen­gsel. Meng goed en voeg water by, soos nodig, tot ’n nat mengsel vorm.

5 Doopsous Meng alles goed.

6 Afronding Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en skep hopies van die mengsel in die pan. Druk die hopies plat sodat dit soos groentepat­ties lyk. 7 Braai tot bros aan die een kant, draai versigtig om en braai tot die koekies gestol en gaar is. Skep uit en herhaal met die res van die groentemen­gsel. 8 Sit voor saam met die doopsous en vars kruie, indien verkies.

 ?? ?? * DHALTJIESA­MPIOENKOEK­IES
* DHALTJIESA­MPIOENKOEK­IES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa