Huisgenoot

SORGHUMKOE­SKOESSLAAI met PIEKELSAMP­IOENE

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE AS ’N LIGTE MAALTYD OF 8 MENSE AS ’N BYKOS / BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 1 UUR / MARINEER: 2-3 UUR OF OORNAG VERKOEL: 1-2 UUR

Die sampioene kan tot twee weke lank in die yskas gebêre word. Ons gebruik dit vir ’n pikante geur in hierdie slaai, maar jy kan dit in ’n verskeiden­heid ander slaaie – soos ’n groen- of mengselsla­ai – gebruik, of dit selfs op ’n kaasbord uitpak.

PIEKELSAMP­IOENE

250 ml (1 k) witwynasyn sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

125 ml (½ k) olyf- of sonneblomo­lie

15 ml (1 e) dijonmoste­rd

5 ml (1 t) droë tiemie 5 ml (1 t) droë oreganum

2,5 ml (½ t) elk sout en vars gemaalde peper 5 ml (1 t) suiker 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r 250 g knopiesamp­ioene

SLAAI

375 ml (1½ k) rooi sorghum, afgespoel 375 ml (1½ k) koeskoes

15 ml (1 e) olyfolie kookwater, soos nodig ½ komkommer, in blokkies gesny 1 rooi-ui, gekap 1 x 410 g-blik kekerertji­es, afgespoel en gedreineer

1-2 wiele feta, in blokkies gesny ’n hand vol vars pietersiel­ie, gekap ’n hand vol vars koljanderb­lare, gekap sout en vars gemaalde peper

Hou ’n groot fles byderhand.

1 Piekeldesa­mpioene Sit alles buiten die sampioene in die fles. Skud die fles tot die sous goed gemeng is.

2 Sny die sampioene in die helfte (of vir groter sampioene, in kwarte) en voeg by die sous in die fles. Skud liggies en laat die sampioene in die yskas marineer vir 2-3 uur of oornag. Skud die sampioene af en toe sodat dit eweredig marineer.

3 Slaai Bring ’n kastrol water tot kookpunt, voeg die sorghum by en kook 35-40 min. of tot die sorghum gaar is (dit kook nie heeltemal sag nie). Dreineer, spoel goed met koue water af en hou eenkant om heeltemal af te koel.

4 Sit die koeskoes in ’n groot bak, drup die olie oor en giet genoeg kookwater oor tot die water ongeveer 1 cm bo die koeskoes is. Bedek die bak en laat staan 15 min. of tot uitgeswel. Krummel die koeskoes met ’n vurk en laat heeltemal afkoel.

5 Meng die koeskoes en sorghum goed, skep in ’n bak en bêre in die yskas tot lekker koud.

6 Meng die komkommer, ui, kekerertji­es, feta en kruie deur die slaai. Giet 60 ml (¼ k) van die sampioenma­rinade by die slaai en meng goed. Geur met sout en peper na smaak.

7 Sny van die sampioene kleiner, indien verkies, en meng deur die slaai. Sit dadelik voor of bêre die slaai in die yskas vir tot 3 dae.

 ?? ?? * SORGHUMKOE­SKOESSLAAI MET PIEKELSAMP­IOENE
* SORGHUMKOE­SKOESSLAAI MET PIEKELSAMP­IOENE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa