Huisgenoot

SAMPIOEN-&BILTONGPAS­TEIE

-

LEWER 4-6 PASTEIE BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 40-45 MIN. VULSEL

30 ml (2 e) olyfolie 1 ui, gekap

15 ml (1 e) botter 250-300 g bruinof gemengde sampioene

’n hand vol pietersiel­ie, gekap

60 ml (¼ k) biltongpoe­ier of fyngekerfd­e biltong

1-2 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r (opsioneel)

5 ml (1 t) geroosterd­e koljanders­aad, grofgemaal of 2,5 ml (½ t) fyn koljander fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen (opsioneel)

’n skeut suurlemoen­sap 250 ml (1 k) gerasperde mozzarella sout en vars gemaalde peper

PASTEIE

1 x 400 g rol skilferkor­sdeeg ’n bietjie meel, vir uitrol

1 eier, geklits 5 ml (1 t) koljanders­aad, grofgemaal

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Vulsel Verhit die helfte van die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die res van die olie, asook die botter by. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Skep uit en laat heeltemal afkoel.

2 Skep die sampioenme­ngsel in ’n groot mengbak. Voeg die pietersiel­ie, biltong, knoffel (indien gebruik) en koljander by en meng goed.

3 Geur met die suurlemoen­skil (indien verkies) en suurlemoen­sap. Voeg die mozzarella by en geur met die sout en vars gemaalde peper, na smaak.

4 Pasteie Rol die deeg liggies op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en sny die deeg in die breedte in 4-6 stroke.

5 Skep die vulsel in hopies op die onderste helftes van die deegstroke. Verf die rand van die deeg liggies met eier en vou die boonste helftes van die deegstroke oor die vulsel.

6 Seël die pasteie reg rondom goed en pak in ’n enkellaag op die bereide bakplaat. Verf weer bo-op met die eier en sprinkel die koljanders­aadjies oor.

7 Sny ’n kepie in die middel van elke pastei en bak 2530 min. of tot uitgepof, goudbruin en gaar.

 ?? ?? * SAMPIOEN-&BILTONGPAS­TEIE
* SAMPIOEN-&BILTONGPAS­TEIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa