Huisgenoot

DIE TOER WAARVAN ALMAL PRAAT

-

Elke popmusikan­t hou van tyd tot tyd ’n konserttoe­r, maar Taylor se Eras-toer, wat in Maart verlede jaar begin het en in November verleng is, is ’n fenomeen soos wat ’n mens seker laas in die era van Michael Jackson en U2 gesien het. Wanneer dit in Desember vanjaar klaarmaak, sal sy 151 konserte op vyf vastelande gedoen het en sal dit die eerste konserttoe­r wees wat $1 miljard (sowat R19 miljard) se inkomste gegenereer het.

Die konserte is bont, energiek, raserig – ware ekstravaga­nzas wat elk 180 minute lank is, meer as 40 liedjies bevat en waartydens Taylor 16 keer van kostuum verander. Vuurwerke gaan af en daar is ’n magdom optiese illusies, soos Taylor wat op een punt lyk of sy in die verhoog in duik en begin swem.

Sy vertel sy het ses maande voor die tyd so hard soos ’n Olimpiese atleet vir die toer geoefen. “Ek het elke dag op ’n trapmuel gehardloop en die hele stel liedjies hardop gesing,” het sy aan Time gesê.

Haar gim het vir haar ’n program uitgewerk wat behels het dat sy met gewigte oefen, kondisione­ringswerk doen en haar krag bou. “Dan het ek nog drie maande dansopleid­ing ook gehad, want ek wou dit tot in my gebeente voel.”

Haar aanhangers “werk baie hard” om kaartjies vir haar konserte te kry, en sy wil van haar kant af seker wees sy maak dit vir hulle die moeite werd, het sy gesê.

“Ek sal op daardie verhoog wees, of ek nou siek, beseer, hartseer, ongemaklik of gestres is. As iemand ’n kaartjie vir my konsert koop, gaan ek optree, tensy daar die een of ander katastrofe is.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa