Huisgenoot

SPROKIESTR­OUE VIR ‘VERGEET MY NIE’-STER

-

DIE aktrise LECHÉ JOU

BERT, bekend vir haar rol

in die Huisgenoot- fliek Vergeet my nie en die reekse Spoorloos: Die

Eiland en Taktiek, en haar verloofde, JASON SCHRODER, is nou amptelik man en vrou.

Die paartjie het onlangs met ’n sprokiesmo­oi seremonie by die Greenhouse Café by Rosemary Hill buite Pretoria voor 100 geliefdes trou aan mekaar beloof. Hulle was byna drie maande lank in ’n verhouding voor hulle in Augustus verlede jaar in ’n Pretoriase boekwinkel verloof geraak het.

“Ons seremonie was regtig besonders. Jason se peetpa en ons pastoor, At Boshoff, het dit geregtig.

“Dit was so persoonlik en mens kon God se liefde in daardie oomblik voel,” vertel Leché.

Die bruid het gestraal in haar trourok deur Enzoani, wat sy laat invoer het deur Bridal Wardrobe in Pretoria.

“Dié rok was die laaste een wat ek aangepas het, en dit het my soos ’n handskoen gepas. Ek het nog nooit in my lewe so mooi gevoel nie,” sê Leché.

Geen wonder Jason kon sy trane nie keer toe hy haar in die paadjie sien afloop nie.

“Arme Jason se senuwees was klaar toe hy daar voor die kansel moes staan en wag,” vertel die aktrise. “Ek dink ons albei het eers ná ete ontspan.”

Hulle het die dansbaan met Shawn Mendes se liedjie “Always Been You” geopen.

“Ons is nie dansers nie en wou nie gehad het dit moes so styf en ernstig wees nie,” vertel sy.

Hulle sien uit na die nuwe hoofstuk as man en vrou. Hulle raak nog gewoond daaraan om mekaar so te noem. “Dis lekker om Jason vir ewig en altyd as my man te hê. Ons het soveel om nog saam te ervaar en dis baie spesiaal.”

 ?? ?? LINKS: Leché se ma, Marsha Joubert, sit hand by. REGS: Die bruid en haar pa, Eugene, deel ’n oomblik.
Hul troue was een vir die boeke. “Ek sal dit weer doen,” sê Leché.
Jason se pa, Glenn Schroder, help hom gereed maak vir sy groot dag.
Die bruidspaar en hul gevolg. Van links is Monique du Toit, Caitlin Fraser, Charné Joubert, Albertus Verwey, RezeTiana Wessels en Sean Meadows.
LINKS: Leché se ma, Marsha Joubert, sit hand by. REGS: Die bruid en haar pa, Eugene, deel ’n oomblik. Hul troue was een vir die boeke. “Ek sal dit weer doen,” sê Leché. Jason se pa, Glenn Schroder, help hom gereed maak vir sy groot dag. Die bruidspaar en hul gevolg. Van links is Monique du Toit, Caitlin Fraser, Charné Joubert, Albertus Verwey, RezeTiana Wessels en Sean Meadows.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa