Huisgenoot

WAAROOR SKRYF EK?

-

Dit kan intimidere­nd wees as jy dit nog nooit gedoen het nie. Hier is ’n paar kreatiewe aanwysings om jou brein aan die gang te kry.

Vir watter vyf dinge is ek vandag dankbaar?

Hoe voel ek vandag? Wat is een uitdaging waardeur ek tans in die gesig gestaar word?

Hoe kan ek deur hierdie uitdaging werk?

Wat is ’n negatiewe denkpatroo­n of oortuiging waaraan ek vashou?

Hoe kan ek hierdie gedagte uitdaag of vervang?

Wanneer voel ek die meeste soos myself?

Wat is iets wat ek wens mense van my geweet het?

Wat is ’n les wat ek onlangs geleer het?

Wat moet ek aanvaar?

HOE OM TE BEGIN

Sien jou joernaalty­d as persoonlik­e ke ontspannin­gstyd. Dis ’n geleenthei­d vir jou om te ontlaai en jou af te sluit. Die ideaal is om te skryf op ’n plek waar jy ontspanne is. As dit help, maak ’n koppie tee as deel van jou joernaalro­etine.

1 SKRYF OP PAPIER

Kry ’n notaboek wat jy net as ’n joernaal gebruik. Koop die soort notaboek waarin jy graag skryf, of een waarin jy nog altyd wou skryf. Daar is nota-apps wat jy kan gebruik, maar die gebruik van ’n pen en papier verminder die kans op afleidings op jou toestel. Boonop gee die handeling van skryf ’n ander dimensie aan die hou van ’n joernaal.

2 WEES KONSEKWENT

Dis die beste om daagliks in jou joernaal te skryf, indien moontlik. Vind ’n tydgleuf wat jou pas. Sommige mense verkies om hul dag met joernaalty­d te begin, terwyl ander verkies om hul dag daarmee af te sluit. Kyk wat vir jou werk. k. Wat jy ook al kies, doen dit elke dag op dieselfde tyd, sodat dit ’n gewoonte word.

3 STEL DIE TYD

As jy aan die gang wil kom, kan dit help om ’n alarm vir 10 tot 20 minute te stel, en te skryf tot dit afgaan. Om ’n vasgesteld­e tydsduur te hê, sal die proses aanvanklik minder oorweldige­nd laat voel. Jy kan die tyd meer maak soos jy aangaan – eindelik sal jy nie meer die alarm nodig hê nie en sal jy maklik vir tot ’n uur kan skryf.

4 ONTSPAN DAAROOR

Begin skryf als in jou gedagtes of wat swaar op jou hart druk, neer. As jy vashaak, moenie daaroor stres nie. Skryf enige gedagtes neer. Daar is geen gebruikers­handleidin­g oor hoe om ’n joernaal te skryf nie, so doen wat reg voel. Die joernaal is joune, net vir jou oë, tensy jy self anders besluit.

5 MOENIE JOUSELF BEPERK NIE

Wees oop vir alles wat reg voel. As jy een dag ’n lys wil maak van dinge waarvoor jy dankbaar is, of die volgende dag wil teken, doen dit. Gebruik jou joernaal op ’n manier wat vir v jou sin maak. Sommige mense hou daarvan d om gedigte of liedjies te skryf, terwyl ter ander dit geniet om joernaalin­skrywings wing as briewe aan iemand te skryf.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa