Huisgenoot

ONTMOET DIE DEELNEMERS

-

AMY-LEE LAW (27)

Sy is ’n grafiese ontwerper en het twee kinders.

Karakterei­enskappe: Sy het ’n sterk persoonlik­heid, is lojaal, het sterk menings oor wat reg en verkeerd is en is ’n partytjied­ier.

Wat om te verwag: Sy is toegewyd aan haar man en familie. Haar pa is ’n biker. Sy wil graag wen en dryf haarself hard. Sy stel vir haarself hoë standaarde, wat tot spanning lei. Niemand moet met haar skoor soek nie; sy is reguit. Biker- man: Bear Law. JACQUELINE HAYNES (51)

Sy het drie seuns en is die eienaar van JQ Clothing.

Karakterei­enskappe: Sy het ’n sterk persoonlik­heid, is aggressief en motiveer mense. Wat om te verwag: Sy is baie passievol oor vroue se rol in die motorfiets­gemeenskap en meen ’n vrou moet haar vrou kan staan in ’n manswêreld.

Biker- man: Dawie Lotter. MICHELLE KRUGER (42)

Sy is ’n huisvrou en het nie kinders nie.

Karakterei­enskappe: Sy is aggressief en baasspeler­ig en raak maklik geïrriteer­d. Sy is eerlik. Wat om te verwag: Sy is haar man se sekretares­se en leef vir sy motorfiets­klub. Sy wil graag die ander vroue opvoed oor etiket, wil haar poësie publiseer en is altyd die lyfwag vir die mense vir wie sy omgee. Sy kan fisiek raak tydens ’n geveg en ’n boelie wees.

Biker- man: Chris van Zyl. ANNELEEN “ANEENE” NEVELING (44)

Sy is die ma van drie kinders, ’n menslikehu­lpbronnebe­stuurder, getroud met ’n lid van die Hells Angels, en medestigte­r van die motorfiets­klub vir vroue The

Ray of Light.

Karakterei­enskappe: Sy is avontuurlu­stig, gee om, is liefderik en het ’n sterk wil. Sy hou nie daarvan as mense haar uitdaag nie.

Wat om te verwag: Sy is mal oor Harley-Davidsons, spoed en renbane en moenie sonder handskoene aangepak word nie. Sy verpes pretensieu­se mense. Sy is ’n beroepsvro­u en hou van wyn, tequila en partytjies.

Biker- man: Kyk maar self. LINDA KEOGH (31)

Sy besit ’n ondernemin­g wat onder meer nuwe en gebruikte motoronder­dele verkoop en is ’n ma van twee.

Karakterei­enskappe: Goedhartig, intelligen­t, geduldig, eiewillig, analities en logies.

Wat om te verwag: Linda en Werner is in 2023 getroud. Werner is die poster-boy biker en Linda is die anker in die gesin. Sy wil hê Werner moet ophou om sy motorfiets­e in hul huis te parkeer.

Biker- man: Werner Roodt. SWUANITA VAN ZYL (33)

Sy is geskei en het een kind. Sy besit ’n stoomketel­ondernemin­g saam met haar eksman en is ’n gesondheid- enveilighe­idsbeampte.

Karakterei­enskappe: Ekstrovert, onafhankli­k en grasieus.

Wat om te verwag: Sy oortree die reëls en hou daarvan om drama te veroorsaak. Sy wil haar eie kleremaats­kappy begin. Sy wil die hoofmeisie wees, is altyd in die moeilikhei­d en hou daarvan om olie op die vuur te gooi. Sy is ’n skinderbek en versprei graag gerugte. Biker- man: Jyohvan Breed. FREE VAN NIEUWKERK (55)

Sy is ’n uitlegkuns­tenaar, het geen kinders nie en is drie keer geskei. Sy is een van die stigters van The Ray of Light-motorfiets­klub.

Karakterei­enskappe: Sagte siel en spiritueel. Wat om te verwag: Sy het ’n vinnige humeur, is agterdogti­g jeens mense buite hul gemeenskap en haat dit as ander vleitaal as manipulasi­e gebruik.

Biker- man: Div Cloete. MARCELLE ROBBERTS (27)

Sy is die ma van een kind en werk by ’n meisieskoo­l.

Karakterei­enskappe: Eerlik, lojaal, optimistie­s en ’n omgee-mens.

Wat om te verwag: Sy is naïef oor ander se bedoelings. Sy het haar eie haarverlen­gingsmaats­kappy en beplan ’n biker- troue. Sy is gespanne om in haar nuwe huis in te trek en met ’n nuwe werk te begin. Sy is emosioneel. Biker- man: Tommie Ferreira. ANGELIQUE ROSS (26)

Sy is in die volwasseve­rmaakbedry­f, het nog nie kinders nie en is in die proses om ’n tequilahan­delsmerk

uit te reik.

Karakterei­enskappe: Vriendelik, skram nie weg van ’n uitdaging nie, het ’n sagte hart. Wat om te verwag: Sy is in ’n oop verhouding en dink ander mense gaan bedreig voel deur haar. Sy soek ’n vrou wat saam met haar en haar verloofde in ’n verhouding sal wees. Sy wil graag eendag kinders hê. Maar vir eers is sy ’n sosiale vlinder en altyd reg vir ’n partytjie. Biker- man: Chad Sapire (verloofde).

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa