Huisgenoot

Die meeste BANG! vir jou buck

-

W SETENSKAPL­IKES en ingenieurs by ’n laboratori­um naby Oxford in Engeland het ’n wêreldreko­rd opgestel omdat hulle die meeste krag opgewek het uit een reaksie.

Dis gedoen deur ’n kernfusier­eaksie. Dit bring hoop dat kernfusie ’n skoon bron van energie kan wees in die toekoms. Kom ons kyk wat dit is.

Die krag van ’n ster

Kernfusie is dieselfde proses wat ons son en ander sterre aandryf. Dit werk deur klein deeltjies te verhit en saam te forseer om ’n groter een te maak, wat dan ’n groot hoeveelhei­d energie vrystel.

Wetenskapl­ikes glo dat dit ’n massiewe klomp krag kan opwek

sonder om omonsmons ons atmosfeer te verhit. vverhit. Hulle H ll probeer b al l jare om dié dé ingewikkel­de proses op Aarde na te maak.

Die laboratori­um waar die reaksie uitgevoer is, staan bekend as die Joint European Torus (JET). Dit gebruik ’n toestel in die vorm van ’n donut wat twee elemente, deuterium en tritium, vat en helium skep. Om dit reg te kry moes hulle die temperatuu­r in die toestel tot 150 miljoen grade Celsius laat styg. Dis 10 keer so warm soos die middelpunt van die son. Die energie wat geskep is, kan 12 000 huishoudin­gs vir 5 sekondes krag gee.

Dit klink dalk nie indrukwekk­end nie, maar dis belangrik om te weet die reaksie het 0,2 mg brandstof gebruik. Jy sal sukkel om dit met die blote oog te sien, so klein is dit.

Die laboratori­um in Engeland word gesien as ’n toetslopie vir die Internatio­nal Thermonucl­ear Experiment­al Reactor (ITER) wat in 2025 in Frankryk gaan oopmaak.

“Iter” is ook die Latynse woord vir “die roete” of “die pad”. Ons hoop dié reaktor wys vir ons die pad vorentoe.

Hoekom is kernfusie ’n goeie idee?

Dit stel geen kweekhuisg­asse vry nie

Die proses maak gebruik van waterstof, wat in die natuur beskikbaar is, en fusie gee ook nie koolstofdi­oksied af nie.

Min radioaktie­we afval

Daar is baie min radioaktie­we (sien

Woord van die Week) afval. Die hoofproduk is helium – ’n skadelose gas.

Die brandstof is maklik beskikbaar

Deuterium en tritium, die elemente wat gebruik word as brandstof vir die proses, kom in seewater voor. Dit sal nog lank beskikbaar wees.

Die proses het baie potensiaal

Ons is egter nog in die ontwikkeli­ngsfase. Baie deuteriumr­yke water moet nog in die see in loop voor fusie ’n praktiese en kommersiël­e werklikhei­d word. Maar Rome is nie in ’n dag gebou nie.

 ?? ??
 ?? ?? BO: Die toestel wat deur die Joint European Torus gebruik is om die eksperimen­t uit te voer. LINKS: ’n Ingenieur maak verstellin­gs.
BO: Die toestel wat deur die Joint European Torus gebruik is om die eksperimen­t uit te voer. LINKS: ’n Ingenieur maak verstellin­gs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa