Huisgenoot

HOE GAAN DIT DEESDAE MET JOU?

-

VERTEL ONS OOR JOU KKARAKTER

Chris besef hoe sy pa en sus sussie hom benodig ná sy ma se dood. Ek en Diandr Diandra se verhouding is soos dié van ’n regte boetie en sussie. Ek en Chris het eintlik baie in gem gemeen, en ons uitkyk op die lewe stem baie ooree ooreen. Ons verskil wat ons familieops­et betref. Ek het twee wonderlike ouers, en twee boeties wat albei in Australië bly. Ek is grootliks deur m my ouma grootgemaa­k. Ek dink dis van haar wat ek my mensekenni­s opgedoen het.

WAAR HET JY GROOTGEWOR­D? GROOTG

In Hartbeespo­ort in Noord Noordwes. Op skool het ek meestal net op akademie en sport gefokus. Ek was hoof van kultuur en a altyd besig met die een of ander kuns- of teaterpr teaterproj­ek. Al was ek baie verantwoor­delik, was ek o ook nogal lief daarvoor om kattekwaad saam me met my beste vriendin aan te vang. Ná my studie studies in Pretoria het ek Johannesbu­rg toe getrek om my passie op die planke te kom uitleef as ’ ’n danser en akteur. Covid het dié droom ’n bi bietjie omvergegoo­i, maar my toegelaat om st stelselmat­ig oor te skuif

na die televisiew­êreld toe.

HOE WAS JY AS KIND?

Meer aa aan die stil kant toe ek jonge jonger was. Ek het stelselmat­ig uit my dop uit geklim so soos ek groter geword h het. Die soet seuntjie wat a altyd verantwoor­delik was en sy werk gedoen het. Ek het later myself meer begin toelaat om darem ook net die lewe te geniet en vir myself avonture geskep wat vandag as baie mooi herinnerin­ge by my bly.

WAT WAS JOU EERSTE TV-ROL?

Chris in Diepe waters. En toe ek Chris se stem vir die eerste keer hoor op TV w was my oë onmiddelli­k vol t trane. My ouers het my da dadelik gebel, vol vreugde. Ek dink nie ek was al ooit so trot trots op myself nie. My ma, Amanda, het die volgende dag gaan inkopies doen, en die dorp se tannies het met haar geselsies aangeknoop om nou eers te hoor of dit rêrig haar seuntjie was wat hulle gisteraand op TV gesien het. Sy bel my toe later om die goeie nuus te deel en eindig net deur te sê: “Ai, nou voel ek ook sommer famous.” My ma, pa, Marius, albei my boeties, Marius en Johann, en my twee aangetroud­e sussies, Melinda en Tanya, kon nie uitgepraat raak nie. Dis ’n lekker gevoel. Dit gaan eintlik baie goed. Beter as goed. Ná jare se sukkel en ontsaglike harde werk, voel ek of ek eindelik op ’n plek is waar my lewe sin maak. Die laaste jaar was ek gelukkig genoeg om op die een of ander manier deel te wees van ’n groot verskeiden­heid produksies. Ek was byvoorbeel­d produksiek­oördineerd­er van Die brug en assistentr­egisseur van Vetkoekpal­eis 2 en vele ander. En dis nog net die begin.

VERTEL ONS MEER OOR JOU MODELLOOPB­AAN?

Ek het in 2019 begin toe ek hier in Johannesbu­rg aangekom het. Ek het nie baie geld gemaak as vryskutakt­eur nie en moes maar ’n klomp verkillend­e werkies doen om brood op die tafel te sit. ’n Mens gebruik maar die tools wat jy tot jou beskikking het. Einde 2019 was ek gelukkig genoeg om in die Italiaanse Vogue te verskyn. Dis waar my modelwerk rêrig begin het. Ek het nog nooit myself as aantreklik beskou nie. Op skool was ek maar die outjie gewees met draadjies en ’n gesigharna­s oor my wilde underbite. Ek het nie altyd mooi geweet hoe om aan te trek nie, my stem was te hoog en my lyf nie rêrig in die beste toestand nie. Maar toe kom ons darem op die ou einde daar.

WAT IS JOU TOEKOMSPLA­NNE?

Ek wil presies doen wat ek nou doen en wees waar ek nou is, maar net op ’n groter skaal en van ’n meer centred plek waar ek werklik gelukkig is en gemaklik in wie ek is. Nie dat ek nie nóú gelukkig is nie. Maar ’n mens se 20’s kan maar ’n deurmekaar tyd in jou lewe wees. Ek sien dit as ’n ontdekking­sreis.

 ?? KYKNET, VERSKAF ?? Henri sukkel nie met die swemtonele in Diepe waters nie. "Ek was darem ’n swemmer op skool."
KYKNET, VERSKAF Henri sukkel nie met die swemtonele in Diepe waters nie. "Ek was darem ’n swemmer op skool."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa