Huisgenoot

HELP JOU LAERSKOOLK­IND OM WISKUNDE BAAS TE RAAK

Besoek huisgenoot­junior.com

-

BREUKE, langdeel, maalsomme, geometries­e patrone . . . Dis die soort woorde wat baie ouers en hul kinders kan laat wakker lê in die nag. Maar laerskoolw­iskunde hoef niemand vanjaar in koue sweet te laat uitslaan nie, want daar is ’n splinternu­we pakket vir skoolwerk beskikbaar op Huisgenoot se opvoedkund­ige webblad Huisgenoot Junior: Leer en speel!

Dié aanlyn wiskundepa­kket bestaan uit 20 nuttige video’s waarin die wiskundeon­derwyseres Ischké Felix konsepte en somme wat leerders in graad 4, 5 en 6 moet baasraak, op ’n praktiese en toeganklik­e manier verduideli­k.

Daar is ook by elke video, wat elk ongeveer agt minute lank is, ’n aflaaibare werkvel en memorandum wat leerders kan help om die somme te oefen.

WAT IS HUISGENOOT JUNIOR: LEER EN SPEEL?

Huisgenoot Junior: Leer en speel! is ’n unieke aanlyn platform propvol interessan­te, leersame inhoud vir kinders.

Dis ’n skatkis van opvoedkund­ige, boeiende inligting vir nuuskierig­e skierige jong mense wat die wêreld wil ontdek, en dit kan leerders met hul skoolwerk help. Die inhoud sluit aan by die skoolkurri­kulum en bied ied hulp met skoolwerk, huiswerk, take en mondelinge.

WAT KRY EK OP HUISGENOOT OT JUNIOR: LEER EN SPEEL?

Huisgenoot Junior: Leer en Speel! bied ’n verskeiden­heid bondels wat bestaan uit goed nagevorste artikels wat jou kinders met hul skoolwerk kan help. Dit is gegroepeer volgens vakke en onderwerpe.

Die skoolwerkp­akkette is geskik vir leerders in graad 4, 5 en 6. Dit bevat artikels wat aangevul is met foto’s, illustrasi­es, infografik­a en video’s. Baie van die onderwerpe wat in die onderskeie grade behandel word, oorvleuel en vul mekaar aan. Leerders kan die inhoud van die skoolwerkp­akkette raadpleeg soos wat hulle dit gedurende dié drie skooljare benodig.

Boonop sal nog nuwe inligting en pakkette voortduren­d op die platform bygewerk word sodat jou kroos kan aanhou leer.

 ?? ?? Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY
Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa