Huisgenoot

DIE BABBELBEND­E VIND UIT

Die Babbelbend­e leer meer oor die wind wat waai

-

PALOEKA die leeu en sy beste vriendin, Bibi, sit en fluister in die Babbelboom­huis. Hulle is besig om ’n verrassing vir hulle vriendin Palawa die kameelperd te beplan.

“Sy gaan mal wees daaroor,” sê Bibi en knipoog vir Paloeka.

Toe Palawa by die boomhuis aankom, hou hulle op om te gesels. Maar Palawa het klaar gesien hoe hulle fluister en giggel.

“Ekskuus tog, julle twee, met watse onderduims­e dinge is julle besig?” vra sy.

“Ons is nie besig met iets onderduims nie,” sê Paloeka en glimlag vir Bibi.

“Ek is ’n aap, maar ek is ’n ou aap,” sê Palawa. Sy kyk haar maats skepties aan. Sy is seker hier is iets aan die gang.

“Nee, man, Palawa, jy is nie ’n aap nie. Jy is ’n kameelperd,” sê Paloeka.

“Ek weet ek is ’n kameelperd, Paloeks. As iemand sê hulle is ’n aap, maar ’n ou aap, beteken dit hulle weet eintlik wat aangaan, al lyk dit nie so nie. Jy kan hulle nie sommer flous nie. Verstaan julle?” sê Palawa en trek haar oë op skrefies. “So, gaan julle vir my vertel wat hier aangaan?” vra sy.

“Ek dink ons moet eers na die vraag van die dag luister,” stel Bibi voor.

“Ja, ek dink ook so. Jy moet net so ’n klein bietjie wag,” sê Paloeka.

“Ek belowe, jy sal nie spyt wees nie,” sê Bibi.

“Ag, nee, komaan, julle,” sê Palawa. Dan speel Bibi die boodskap op die groot televisies­kerm in die vriende se Babbelboom­huis.

“Hallo, Babbels. Ek wil graag weet: Waar kom wind vandaan?” vra die seuntjie op die skerm.

“Ek hoop Ben kan ons help,” sê Bibi en bel sommer dadelik hulle maat, die slim verkenner, Ben.

“Wind? Oe, dis interessan­t. En daar is soveel vrae. Hoe begin dit? Wat maak dat dit waai?” sê Ben.

“Is daar iemand wat iewers op ’n berg sit en die wind van doer ver af aanblaas?” vra Paloeka.

“Nee, wind word eintlik deur die son geskep,” sê Ben.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa