Huisgenoot

KYK, DIE KUIF IS TERUG!

Twee bekendes verklap waarom hulle dié GEWILDE HAARSTYL verkies

-

AN die een kant is Pascal Pienaar wat gebrand het vir veranderin­g; aan die ander kant is Rolanda Marais wat sê dis ’n tydlose haarstyl.

Maar die twee aktrises het iets gemeen: hul spoggerige kuiwe.

“Dit laat my baie anders lyk. Ek voel so half misterieus,” sê Pascal, bekend vir haar rol as Karli in Binnelande­rs.

Gaan dit vir haar oor mode?

O nee, sê Pascal. “Ek het net gebrand vir veranderin­g en kon nie slaap nie. Dit was ná eenuur die oggend en ek het besluit ek gaan sommer nou self my hare afknip.

“Ek was eintlik bang, want ek het ’n ronde gesig en het nog net een maal voorheen ’n kuif gehad.”

Sy is nie spyt nie.

“Hare groei terug. Ek kan nie glo ek doen dit nou eers nie,” sê sy.

Pascal is nie al een wat soms self die skêr inlê nie.

“As ek nie tyd het nie, sal my man sommer die skêr beetkry en my hare sny,” verklap Rolanda oor haar man, die regisseur Jozua Malherbe. “Maar dit lyk net beter as ’n profession­ele mens dit gesny het.”

Sy volg nie sommer modegiere nie, sê die skoonheid.

“Ek het al vir jare ’n kuif; dis vir my soos ’n raam om my gesig en ek hou van hoe ek daarmee lyk.

“Dit het ’n speelsheid, maar gee ook ’n gevoel van die jare 20’s en 30’s. Dis tydloos en prakties.”

Haar jongste kuif is waarskynli­k een van die kortste kuiwe wat sy nóg gehad het, maar sy is gek daaroor, vertel Rolanda.

“Ek hou van die feit dat my hare uit my oë is. Ek is selde spyt oor ’n haarstyl. Ek is nogal avontuurlu­stig in daardie opsig.”

Wat is hul volgende haaravontu­re?

Rolanda: “Ek sal graag weer blond wil gaan, maar ek sal dit seker eers weer doen vir ’n rol, want die instandhou­ding is ’n pyn.”

Pascal: “Ek wil my natuurlike haarkleur heeltemal laat uitgroei – sommer baie lank – en eers wanneer dit laag op my rug hang, sal ek dalk ’n bob probeer.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa