Huisgenoot

FLITSVRAE: CHAR CARRIE Aktrise in die sepie Suidooster

-

Waar kom jou styl vandaan?

Wardrobe department trek my eintlik aan.

Wat verveel jou?

Mense wat praat oor hulle probleme. I don’t care.

Waaroor is jy spyt?

Dat ek nie my license gekry het toe ek my eerste learners gehad het nie. Want ek is nou op my derde learners, en dit lyk nie so goed nie.

Hoe sal die mense wat jou goed ken jou beskryf?

Dramaties, huil baie, slaap baie.

Watter eienskap bewonder jy in ’n man?

A mystery. I don’t want to know what is going on in your life. Let me find out. Don’t tell me.

Watter eienskap bewonder jy in ’n vrou?

Jy moet net kwaai wees.

Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi?

Marilyn Monroe.

Hoekom?

Ek wil haar vra: “Like, Norma Jean, what’s going on? Is dié ’n facade? Want dit werk, maar drop die act nou. Ons eet pasta. Ons chill. Ons vibe.”

Wie is jou helde?

Cher is cool.

Hoekom?

Sy weet sy is kwaai.

Wat is jou gunsteling- Afrikaanse woord?

Toevallig.

Jou gunsteling­fliek?

The Grinch. Hy is baie real. Jy hoef nie so altyd happy te wees nie.

Wat is die kosbaarste ding wat jy nog het uit jou grootwordj­are?

Nee, ek hou nie van goeters hou nie. Dit clutter. Throw away. You’re in the past; stay there.

Wat maak jou trots om ’n SuidAfrika­ner te wees?

Loadsheddi­ng. Dis so goed vir die environmen­t. Love it.

Watter troetelnam­e gebruik jou maat of ander mense vir jou?

Hy roep my “Girl”. Soos: “Girl, you’re taking long. Girl, we need to go. Girl, answer your phone. Girl, you’re talking too much.”

Wat is die beste verrassing wat jy al gekry het?

My boyfriend het vir ons eerste Kersfees vir my ’n vis gekoop. Ek het nie eers vir ’n vis gevra nie. Die vis se naam was Rebecca.

Wat is die een stukkie raad van jou ma waarby jy sweer?

Do what you want to do. Don’t let people’s opinions change the way you want to dress, because it doesn’t matter.

Wat is die een ding wat jy wens jy al op hoërskool geweet het?

Die lewe is nie so hard nie. Dis nie so ernstig nie. Kalmeer. Dit sal fine wees.

HIER’S NOG: BESOEK HUISGENOOT.COM VIR DIE VOLLEDIGE VIDEO-ONDERHOUD “50 VRAE MET CHAR CARRIE” EN DIÉ VAN ANDER BEKENDES.

 ?? ?? ANTWOORDE
1 Florence and the Machine 2 Uruguay 3 Afrika 4 Visse
5 Pan Africanist Congress (PAC)
ANTWOORDE 1 Florence and the Machine 2 Uruguay 3 Afrika 4 Visse 5 Pan Africanist Congress (PAC)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa