Huisgenoot

SOPIES SE SKADE

Al is jy nie ’n alkoholis nie, kan drank ’n negatiewe uitwerking op jou gesondheid en voorkoms hê

-

JOU GESONDHEID

BREIN Te veel alkohol kan lei tot vergeetagt­igheid, verwardhei­d en ’n gebrek aan koördinasi­e. Apatie, disoriënta­sie en geheueverl­ies kan ook voorkom. Die brein kan ook krimp.

HART Te veel alkohol verhoog die vlakke van sekere vette in die bloed, wat kan lei tot hoë cholestero­l en hartsiekte­s.

LEWER ’n Gesonde lewer breek alkohol af, maar as die lewer te hard moet werk, kan dit permanente skade ly en ondoeltref­fend raak.

PANKREAS Alkoholmis­bruik kan lei tot pankreatit­is. Dit veroorsaak kwaai brandpyn in die boonste deel van die buik, naarheid en vomering wat vererger word wanneer jy eet.

GEWIGTOENA­ME ’n Blikkie bier (340 ml) bevat tot 570 kJ, en 120 ml droë wyn kan tussen 350 en 500 kJ bevat. Dit beteken so ’n glas is gelyk aan twee snye witbrood.

VRUGBAARHE­ID Vroue kan sukkel om swanger te raak en mans se spermtelli­ng kan verlaag.

KANKER Jou risiko vir onder meer bors-, kolon-, long-, nier- en lewerkanke­r verhoog namate die hoeveelhei­d alkohol wat jy drink, vermeerder en hoe langer jy gereeld drink.

JOU VOORKOMS

OË Dit kan bloedbelop­e en moeg lyk. As jy saans drink, sal dit ook jou slaappatro­on beïnvloed. Jy raak dalk vinniger aan die slaap, maar jou REMslaap sal negatief beïnvloed word.

VEL Drankies dehidreer jou liggaam. Jou vel word ontneem van voedingsto­wwe en kan mettertyd dof begin lyk. Dit kan ook bestaande veltoestan­de vererger, soos roosaknee en psoriase.

GELAATSKLE­UR Alkohol laat die bloedvaatj­ies in jou gesig vergroot. Herhaalde vergryping aan alkohol kan permanente skade beteken en are rooi en spinneraka­gtig laat voorkom.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa