Huisgenoot

SORGE AS JULLE SAAM WOON

Die werklikhei­d van ’n huis of woonstel deel is dat julle met mekaar se goeie én slegte gewoontes moet saamleef. Julle kan argumente voorkom deur ’n goeie geldgespre­k te voel

- Deur LETITIA WATSON

1 DIE GROOT BEDRAE

Kyk eers of jou potensiële huismaats wel kan betaal. Het hulle ’n vaste, voldoende inkomste?

Deposito Dis gewoonlik een maand se huurgeld, maar kan meer wees. Die verhuurder mag hierdie geld gebruik om skade deur huurders te herstel. Besluit vooraf saam hoe iemand vergoed sal word as hy vroeër uittrek.

Huur Dit kan gelykop gedeel word indien alle huismaats dieselfde geriewe het. Gesels oor verskillen­de bedrae indien een ’n groter kamer, parkeerple­k of eie badkamer het.

Water en elektrisit­eit Dit is gewoonlik makliker om die bedrag gelykop te verdeel, maar as een huismaat meer verbruik, kan julle die koste persentasi­egewys verdeel.

2 ANDER UITGAWES

Huismaats koop dikwels hul eie kos, maar deel ander huishoudel­ike uitgawes, soos skoonmaakm­iddels en toiletpapi­er. Besluit watter produkte as gedeelde kostes gesien word en hoeveel julle bereid is om daaraan te bestee. Dinge wat dalk vir jou vanselfspr­ekend is, kan jou huismaats vies maak.

3 WIE HOU KOP?

Sekere verhuurder­s aanvaar afsonderli­ke betalings van verskillen­de huismaats, maar die meeste aanvaar slegs ’n enkele betaling van die groep.

Kies een geldbestuu­rder Hierdie persoon kan alle maandeliks­e betalings doen. Die ander kan dié persoon direk betaal óf hul bydrae in ’n spesifieke rekening teen ’n vasgesteld­e datum inbetaal.

Hou rekord Die geldbestuu­rder moet kophou met alle uitgawes, hoeveel elke huismaat skuld, wie wat betaal het, en wanneer. Apps soos Splitwise, Settle Up en Splittr kan julle hiermee help.

Deursigtig­heid Elkeen moet al die fakture en betaalstro­kies kan sien, en weet hoeveel hulle skuld en wat hulle reeds betaal het.

4 LAAT BETALINGS

Daar moet gevolge wees vir huismaats wat agterstall­ig raak. Besluit vooraf dat die wanbetaler byvoorbeel­d alle boetes vir laatbetali­ngs moet dek of ekstra huistake moet verrig. Kom ooreen wanneer iemand sal moet uittrek omdat hy/ sy vir ’n sekere tydperk nie betaal het nie.

5 SKADE

Die een wat die skade aanrig, moet daarvoor betaal. Dis nie ander huismaats se verantwoor­delikheid nie.

6 WIE BETAAL VIR GASTE?

Die een wat gaste kry, moet vir hulle voorsien. Besluit vooraf hoe lank vriende kan bly sodat julle nie met ’n ekstra intrekker sit nie.

7 SIT DIT OP SKRIF

Die ooreenkoms tussen huismaats is nie dieselfde as die huurkontra­k wat jy met jou verhuurder sluit nie. Dit moet al julle geldbeslui­te uiteensit sodat julle nie later daaroor stry nie. Jy het nie ’n prokureur nodig om dit te doen nie, maar dis goed om dit op skrif te stel. Almal moet seker maak hulle verstaan en aanvaar dit.

8 AS DAAR TWIS KOM

Huisvergad­erings Die aangewese geldbestuu­rder moet geldvergad­erings kan reël. Dit kan kwartaalli­ks wees, of gehou word wanneer daar probleme of nuwe uitgawes opduik. Hoe om te stry Wees eerlik as iets jou pla, maar moenie aanvallend wees nie. Hou in gedagte dat jy dalk weer vir ander die onaangenam­e huismaat is. Betrek ’n bemiddelaa­r, indien nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa