Huisgenoot

Waar’s die skoenlappe­r heen?

- EK

onthou haar goed. Altyd so vrolik, jonk en vol lag.

Sy het soos ’n skoenlappe­r deur ’n wêreld sonder hartseer, depressie of vrees gedartel. Sy het daarvan gehou om in die reën te loop, maar ook die gloeiende son op haar vel met ope arms verwelkom. Haar medikasie het sy van die natuur ontvang. Resies gehardloop, wegkruiper­tjie of krieket tot saans laat in die straat gespeel.

In die kombuis het sy die velletjie van die kastrol melk op Ma se houtstoof met haar vinger afgeveeg en verslind.

En ek wonder: Is dit regtig sy wat nou uit die spieël na my toe terugkyk? Die bruin hare het grys geword, die ongeduld het gewyk voor nederighei­d, geduld en bowenal gelatenhei­d.

Haar vel is verrimpeld en die son is nou haar vyand teen wie sy haar moet verskans. Die eens wakker oë is dof.

Destyds het sy alles wat voorgekom het met smaak verslind, maar vandag eet sy versigtig en met allerhande voorbehoud­e. Haar aptyt het dié van ’n voëltjie geword.

Is dit regtig wat voor my staan?

SIELA LIEBENBERG,

JEFFREYSBA­AI

WISKUNDE. Kom ons wees nou maar eerlik, dít is nie almal se gunsteling­vak nie. Ons hier by Huisgenoot is daarom baie opgewonde om uiteindeli­k ons wiskundepa­kket bekend te stel op ons opvoedkund­ige platform Huisgenoot Junior: Leer en speel!

Dié digitale skoolwerkp­akket bestaan uit 20 video’s vir leerders in graad vier, vyf en ses.

In elkeen van die video’s, wat ongeveer agt minute lank is, verduideli­k die wiskundeon­derwyseres Ischké Felix van die algemeenst­e konsepte en vrae waarmee leerders dikwels kan sukkel. Daar is ook aflaaibare werkvelle met memorandum­s wat leerders kan help om die somme te oefen.

Ischké verduideli­k breuke, vermenigvu­ldiging, deling, somme oor tyd, geometries­e patrone, omtrek, oppervlakt­e en volume volledig, stap vir stap op ’n toeganklik­e manier.

Haar liefde vir klasgee en wiskunde is duidelik in die manier waarop sy die aanbieding doen.

En die beste? Jou kind kan die video’s oor en oor kyk, en weer terugverwy­s na die video’s as hulle hul geheue volgende jaar wil verfris.

Gaan loer op huisgenoot­junior.com. Daar is ook ander nuttige skoolwerkp­akkette wat jou kind kan help met huiswerk, mondelinge en skooltake. Die pakkette bevat artikels wat aangevul is met foto’s, infografik­a en video’s.

Lewensvaar­dighede, geografie en geskiedeni­s is saam met wiskunde beskikbaar. En ons is volstoom besig om die natuurwete­nskappe-en-tegnologie-pakket ook gereed te kry.

Ek besef dis nie aldag moontlik nie, maar hopelik kan dié pakkette jou vanjaar help om jou ’n klein bietjie minder oor jou kind se skoolwerk te bekommer.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa