Huisgenoot

OOSTERSE HOENDERTAC­O’S

-

LEWER 6 TACO’S / BEREIDING EN GAARMAAK: 15 MIN.

1 L (4 k) kanola-olie

MARINADE

15 ml (1 e) sojasous 5 ml (1 t) srirachaso­us

5 ml (1 t) brandrissi­evlokkies

5 ml (1 t) sesamolie 22,5 ml (1½ e) gekapte vars koljander ’n duimgroott­e-stuk gemmer, baie fyn gekap 2 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 2,5 ml (½ t) heuning 7,5 ml (½ e) ryswynasyn

OOSTERSE HOENDER

60 ml (¼ k) mielieblom

2,5 ml (½ t) sout 1,25 ml (¼ t) vars gemaalde swartpeper

4 ontbeende hoenderdye sonder vel, in kwarte gesny

GRONDBOONT­JIESOUS

125 ml (½ k) onversoete grondboont­jiebotter

25 ml (5 t) hoisinsous

3,75 ml ( ¾ t) brandrissi­evlokkies water, soos nodig

OOSTERSMEX­IKAANSE SLAAI

1 wortel, geskil en in dun skyfies gesny ½ rooi soetrissie, saad uitgekrap en in dun repies gesny ½ jalapeño-rissie, fyngekap 1 sprietui, fyngekap 4 vars mentblare, grofgekap

20 ml ( 1 e) vars koljander, grofgekap 2,5 ml (½ t) suurlemoen­sap

’n knippie sout

VIR AFRONDING

6 warm mielietort­illas vars koljander vir garnering

1 Verhit die kanolaolie in ’n diepbraaie­r of kastrol tot 180 °C.

2 Marinade Plaas al die bestanddel­e vir die marinade in ’n bak en meng goed. Hou ’n bietjie van die marinade eenkant om teen die einde oor te verf. 3 Oosterse hoender

Meng die mielieblom, sout en peper in ’n aparte bak. Rol die hoenderstu­kke in die gegeurde meel, skud die oortollige meel af en plaas dadelik vir 30 sek. in die warm olie. Haal uit die olie, doop die stukke in die marinade, rol weer in die gegeurde meel en braai nog 40 sek. in die olie tot lekker bros. Dreineer die hoenderstu­kke op kombuispap­ier en verf liggies met die marinade wat jy eenkant gehou het. 4 Grondboont­jiesous

Plaas al die bestanddel­e in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot ’n gladde mengsel. Die mengsel sal nogal dik wees, so gooi ’n klein bietjie water op ’n slag by tot dit die voorkoms van heuning het. 5 Oosters-Mexikaanse slaai Plaas al die groente en kruie in ’n bak en meng dit versigtig met ’n lepel deur tot goed gemeng. Voeg die suurlemoen­sap en sout by net voor jy dit voorsit. 6 Vir afronding Bou elke taco deur die slaai al in die middel af van elke tortilla te skep. Plaas van die hoenderstu­kke bo-op, gevolg deur ’n paar druppels van die grondboont­jiesous. Garneer met die vars koljander.

 ?? ?? *
OOSTERSE HOENDERTAC­O’S
* OOSTERSE HOENDERTAC­O’S

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa