Huisgenoot

GELDSAKE KOM OP KOERS NÁ SKULDBERAD­ING

Jou slegte skuld is eindelik afbetaal en jy wil weer ’n lening kry. Hier is wat jy moet weet

- Deur LETITIA WATSON

KRY ’N KLARING1 SERTIFIKAA­T

Jou skuldberad­er moet ’n klaringser­tifikaat by kredietver­skaffers en die kredietbur­o’s indien as bewys dat jy jou skuldberad­ing voltooi het.

Maar eers moet:

◗ al jou korttermyn­skuld vereffen wees;

◗ jou huisverban­dpaaiement­e op datum wees;

◗ al jou skuldberad­ingsgelde betaal wees.

DIT VAT TYD, WEES 2 GEDULDIG

Sodra die kredietbur­o’s jou klaringser­tifikaat ontvang, moet hulle data soos verstekvon­nisse van jou rekord verwyder.

Gee die proses om jou kredietrek­ord in ere te herstel minstens ’n maand. Dit kan selfs langer duur.

HERSIEN JOU 3 TERUGBETAL­INGSREKORD

Ingevolge die Nasionale Kredietwet moet jou skuldbetal­ingsgeskie­denis vir twee jaar op jou kredietrek­ord bly. Maar vorige skuldvonni­sse teen jou sal nie aangedui word nie.

Gaan jou kredietrek­ord gereeld by verskillen­de kredietbur­o’s na om te kyk of ou vonnisse of verkeerde inligting nie moontlik daarop vermeld word nie. Vra dan die betrokke buro om dit reg te stel, want hulle sal dit nie self doen nie.

MOENIE DADELIK WEER 4 LEEN NIE

Om te verseker dat jou aansoek om nuwe krediet teen die beste voorwaarde­s goedgekeur sal word, moet jou kredietrek­ord wys dat jy ’n bestendige betaler is.

As jy baie leningsaan­soeke indien, sal dit op jou rekord wys en dalk die indruk skep dat jy desperaat is of nie jou beskikbare inkomste kan bestuur nie.

Hou eerder aan om jou huidige verpligtin­ge na te kom en doen dan eers later of wanneer dit werklik nodig raak weer aansoek om ’n nuwe lening te bekom.

BEGIN KLEIN AS JY 5 WEER LEEN

Moenie te veel nuwe skuld aangaan wanneer jy jou krediettel­ling probeer verbeter nie. Kry eerder eers krediet wat ’n klein bedrag is en wat jy maklik kan bekostig, soos ’n klein winkelreke­ning. Dit sal jou ook help om ’n positiewe rekord op te bou.

Bly ook weg van hoërentele­nings, want dis duur om te vereffen.

JOU SKULDHERSI­ENING 6 MAG NIE TEEN JOU GEHOU WORD NIE

As jy ná skuldberad­ing om nuwe krediet aansoek doen, sal krediteure kyk wat jy kan bekostig en hoe jou betalingsg­eskiedenis lyk voor hulle krediet aan jou toestaan. Dit, en nie die feit dat jy onder skuldberad­ing was nie, is die grootste oorwegings.

As jou aansoek afgekeur word, vra onmiddelli­k hoekom. Wat ook al hulle rede, sien dit as ’n leergeleen­theid om jou kredietrek­ord te verbeter. Hulle sal nie probeer om jou te benadeel nie, maar as jy sukkel om ander betalings na te kom of dit nie kan bekostig nie, is jy vir hulle ’n risiko.

BESTUUR JOU 7 KREDIETREK­ORD VORENTOE

Jy het nou die kans om ’n goeie rekord op te bou.

◗ Moenie lenings aangaan wat jou weer onder geldelike druk sal plaas nie. Jy moet dit maklik kan afbetaal.

◗ Betaal meer as die maandeliks­e minimum wanneer jy kan. So vereffen jy jou skud vinniger, jy sal minder rente betaal en aan krediteure bewys jy is ernstig oor goeie geldbestuu­r.

◗ Moet nooit laat betaal nie. Dit kan tot boetes lei wat jou skuld duurder maak – en jou kredietrek­ord weer sleg laat lyk.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa