Huisgenoot

JOU STERRE

-

VISSE 19 FEBRUARIE – 20 MAART

Met ’n samehoping van planete in jou teken kan jy eers oorweldig voel om so skielik in die kollig te wees. Vat jou tyd en oorkom jou skaamheid, want jy kan voordeel daaruit trek om die liefdesdiv­a, Venus, van die 11de af in jou teken te hê. Voeg daarby ’n nuwemaan in die Visse op die 10de en jy sal in die luim wees om glans te ervaar. Onderskei tussen oordrywing en leuens vertel.

RAM 21 MRT – 19 APR

As dit vir jou voel al jou energie is getap, sal dit dalk alle gebiede van jou lewe raak. Probeer om nie die tekens van moontlike uitbrandin­g te ignoreer nie. Rus sal nou vir jou verstand, liggaam en siel goed wees. Jy behoort teen die 8ste weer op koers te kom. Die 10de kan ’n keerpunt wees wanneer jou humeur vinnig en jou geduld min is. Dink voor jy reageer.

BUL 20 APR – 20 MEI

’n Baasspeler­ige mens by die werk kan jou rondom die 10de irriteer – onthou om asem te haal en kalm te bly. As jy iets nodig gehad het om jou te druk om ’n besluit te neem, is dit dalk net die ding dié. Maak seker jy is reg vir ’n ingrypende veranderin­g. Jou heersende planeet, Venus, maak hom op die 11de in die sielvolle Visse tuis. Dit is nou ’n ideale tyd om na vriende uit te reik, veral dié wat ’n koppie tee en simpatie nodig het.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Iemand by die werk probeer jou dalk die sondebok maak. Wees op jou hoede en skerp as die blaam op jou gepak word. Met dié dat die newelrige Neptunus by jou heerser, Mercurius, aansluit, wil jy dalk saamspeel en kyk wat aan die lig kom as jy nie weerstand bied nie. Die nuwemaan in jou loopbaanho­roskoop op die 10de dui op ’n nuwe begin.

KREEF 21 JUN – 21 JUL

’n Gebrek aan kommunikas­ie kan jou rondom die 8ste frustreer. Dit sal beter wees as jy tussen die lyne lees om uit te vind wat aangaan eerder as om op geskrewe of gesproke woorde staat te

maak. Of jy saamstem of nie, as ’n waterteken is jy van nature ’n spirituele wese. Gebruik die nuwemaan op die 10de om ’n dieper insig by eendersden­kende mense te kry.

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Grense rakende gesamentli­ke geld, beleggings en uitgawes word beklemtoon, veral as jy dink sulke grense is te vloeibaar. Dit is nie nodig om te streng met die ander party te wees nie. Gebruik hierdie tyd om dinge uit te kyk en te dink wat jy anders sou doen. Swem saam met die stroom en kyk wat rondom die 10de opduik.

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

As jy getrou aan jou aard is, roem jy daarop dat jy nougeset, stiptelik en puntenerig in jou daaglikse lewe is. Dit gee jou ’n gevoel van veiligheid en vastigheid. Daarom kan jy ongemaklik voel wanneer die planeet van dagdromery, Neptunus, op die 8ste met jou heerser, Mercurius, saamspan. Moenie te hard op jouself wees nie en laat jouself toe om af en toe ’n fout te maak en vergeetagt­ig te wees.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Samewerkin­g is een van jou beste eienskappe. Daarom sal dit vir jou moeilik wees om te aanvaar dat iemand in jou lewe hierdie week koppig en uitdagend is. Dit sal ook oorwaai, en wanneer jou planeet, Venus, op die 11de by die deernisvol­le Visse inbeweeg, sal jy dit in jouself vind om te verdra en te vergewe.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Moenie toelaat dat verskille by die huis jou onderkry nie, want jy weet hoe jy jou kan verknies oor iets wat jy as beledigend ervaar het. Dit help dat die liefdesdiv­a, Venus, op die 11de by ’n medewatert­eken inbeweeg, want dit maak dit vir jou makliker om met die stroom saam te gaan. As jy vermoed ’n vriend beskinder jou, moet jy uitvis en uitpluis of dit waar is of nie.

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

Al sukkel jy met sonde met die bure, is dit ’n tyd om jou energie op jou geliefdes by die huis uit te stort. Wanneer jy besef dit is eintlik familie wat die wêreld aan die gang hou, sal jy meer waarderend en deernisvol oor hul talente en tekortkomi­nge wees. Al is reis op jou agenda, sal jy nou nuwe huisplanne vir die toekoms wil maak.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Iemand in jou lewe is gretig dat julle twee julle kommunikas­ievaardigh­ede moet verbeter, al is dit makliker gesê as gedaan. Die nuwemaan op die 10de is die ideale tyd om ’n nuwe begin te maak. Al is jy van nature gelate, kan beter kommunikas­ie net voordelig vir jou loopbaan wees, want dit is die grondslag van selfuitdru­kking. Jy volg dalk selfs ’n kursus in kreatiewe skryfkuns.

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

Jy is geseënd dat jy albei liefdespla­nete, Venus en Mars, die afgelope ruk in jou teken gehad het. Dit sou jou liefdeslew­e ’n hupstoot gegee het. Die stand van sake verander en die klem val op geld en sekuriteit. Dit sal alte maklik wees vir ’n gewetenlos­e mens om jou om die bos te lei. Kyk dus die situasie goed deur voor jy jou beursie uithaal.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa