Huisgenoot

MOET ONS SEKS SKEDULEER?

-

AS JY in ’n langtermyn­verhouding is, is dit seker nie vir jou vreemd dat daar soms weke of selfs maande verbygaan wat jy en jou maat elke aand net doodmoeg in die bed tuimel nie. Seks bly agterweë, want daar’s net te veel dinge om bedags te doen, en saans wil julle asseblief tog net ontspan en slááp. Julle wil dinge spontaan hou en bly dink die lekker tyd tussen die lakens sal sommer vanself gebeur, maar dan sneuwel seks as ’n nagedagte.

Sal dit help om te beplan wanneer julle gaan seks hê? Is beplanning iets wat spontanite­it met ’n voorspelba­re skedule smoor, of kan dit juis tyd skep vir een van die hoekstene van ’n gesonde verhouding?

Vry gerus met ’n plan, meen kenners.

Ons skeduleer byna alles anders in ons lewe, hoekom dan nie ook seks nie, sê die seksuoloog dr. Marelize Swart.

“Ons hele lewe is basies gerig volgens ’n skedule, en ons is gewoond aan roetine. Tog vind baie mense dit vreemd om seks in te reken by daardie skedule.”

Om seks te skeduleer kan doelgerigt­heid bring, maar ook opwinding skep.

Marelize sê paartjies dink dikwels aan seks as net daardie rukkie tussen die lakens, maar eintlik kan dit ’n sensuele ervaring wees waarna julle opbou – en dít kan die vooraf beplanning insluit.

Daarby deel sy ook die volgende paar wenke vir julle sekskalend­er:

BESLUIT OP ’N DAG, TYD EN PLEK – 1 EN BOU OP SOONTOE

Besluit saam wanneer die regte tyd vir mekaar is. Moenie bloot die gedagte daaraan parkeer tot die tyd aanbreek nie – sien saam uit daarna. Maak tyd om in die dae vooraf te gesels oor ander dinge sodat julle nie voor jul “afspraak” verby mekaar leef nie. Die wete dat julle seks in die vooruitsig het, kan ’n gevoel van afwagting skep. Dis dan soos uitgerekte voorspel.

SKEP DIE REGTE ATMOSFEER 2

Om seks te skeduleer beteken nie net julle sit tyd opsy vir fisieke bevredigin­g nie. Julle skep ook tyd vir intimiteit, konneksie en saam ontspan. Doen vooraf ’n bietjie moeite met jouself, en bietjie moeite vir mekaar. Moenie net tussen die lakens inspring en vuurwerk verwag nie, laat die lont geleidelik warmer gloei met romantiese en prikkelend­e gebare.

WEES AANPASBAAR 3

Niemand se dagboek verloop altyd volgens skedule nie – die lewe het ’n manier om selfs haarfyn beplanning op sy kop te keer. Dis oukei as dit ook met die skedulerin­g van julle sekslewe gebeur. Moenie skuldig voel of mekaar verwyt as iets voorval of as een van julle nie in die bui is om op ’n gegewe aand julle vroeëre belofte na te kom nie. Moenie gespanne voel oor die afspraak wat skeefgeloo­p het nie – herskedule­er dit eerder! Daar is darem altyd ’n volgende keer. Sit dit in die dagboek, dan kan jy daaroor begin droom.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa