Huisgenoot

DIE FLIEK-STER N!XAU

-

DIT was toe nie ’n leë Coca-Cola-botteltjie uit die lug wat die lewe van N!xau onherroepl­ik verander het nie. Maar dit wás die kamera van die vervaardig­er Jamie Uys.

En tog nie.

Toe die Boksburg gebore fliekmaker ’n onbekende Namibiese bestaansbo­er kies vir die hoofrol van sy 1980-fliek wat die wêreldtref­fer The Gods Must Be Crazy sou word, het N!xau nog min geweet van dinge soos onderhande­ling, betaling, tantieme en regte.

Hy was ’n man van die veld en het volgens oorlewerin­g so min omgegee vir geld dat hy sy eerste tjek vir $300 laat wegwaai het in die wind. Hy is later ook met 12 beeste vergoed.

Maar toe die fliek oorsee uitgereik word, loop die riemtelegr­am, en gehore wat niks verstaan van hoe ons wêreld hier aan die suidpunt van Afrika lyk nie, pak ook teaters vol. Só vol dat Jamie en N!xau se fliek teen 1985 ’n volle $90 miljoen laat inrol het.

Dit was ’n treffer in Amerika, Frankryk, Swede en selfs Venezuela – en veral in Japan.

Die ander sterre van die fliek, Marius Weyers en Sandra Prinsloo, het veterane van ons vermaakbed­ryf geword. En die innemende, beskeie N!xau het in verskeie van Jamie se opvolgflie­ks verskyn, onder meer The Gods Must Be Crazy 2.

Dié keer het hy die weë van die Weste beter verstaan en onderhande­l vir groter vergoeding – maar net genoeg om vir hom ’n baksteenhu­is en waterpomp op sy geboortepl­ek naby die grens van Namibië en Botswana, Tsumkwe, te laat bou en ’n kar te koop wat hy nooit leer bestuur het nie.

En toe, in Junie 2003, het die gode hom kom haal. Sy liggaam is in die veld gevind – waarskynli­k dood weens tuberkulos­e. Hy is langs sy vrou begrawe, met ses kinders op sy naam.

Hy was in die lewe nooit seker presies hoe oud hy was nie, maar die owerhede het geskat hy was laat in sy 50’s toe hy weg is.

Jamie is in 1996 op 74 dood. Hy het voor sy dood vertel N!xau het begin rook en drink nadat hy aan geld en roem bekendgest­el is.

Die komedie waarvan N!xau die ster was, is tot vandag toe die bekendste fliek wat Suid-Afrika al ooit opgelewer het. Dit wys steeds op Disney+.

Die beskrywing op die stroomdien­s lui bloot: “A bottle from an airplane raises havoc among African bushmen who believe it’s from the Gods.”

 ?? ??
 ?? ?? LINKS en HEEL LINKS: Die Namibiese bestaansbo­er N!xau het wêreldroem verwerf in The Gods Must Be Crazy.
LINKS en HEEL LINKS: Die Namibiese bestaansbo­er N!xau het wêreldroem verwerf in The Gods Must Be Crazy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa