Huisgenoot

GEBAKTE SOUTTERT met GORGONZOLA & VYE

LEWER 1 GROOT TERT / BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: SOWAT 60 MIN. (BLINDBAK INGESLUIT)

-

Vye en bloukaas is ’n klassieke en hemelse kombinasie.

KORS

200 g botter 400 g koekmeel ’n knippie sout sowat 125 ml (½ k) koue water

VLA

2 ekstragroo­t eiers 125 ml (½ k) volroomjog­urt

125 ml (½ k) volroommel­k

125 g roomkaas 15 ml (1 e) heuning 15 ml (1 e) koekmeel sout en peper, na smaak

VULSEL

150 g bloukaas (simonzola) 6 sondroë tamaties (opsioneel), gesny 300 g adamsvye (sowat 6), gehalveer 30 g okkerneute, grofgebree­k AFRONDING

’n paar roketblare

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n reghoekige losboomter­tpan met kossproei.

1 Kors Plaas die botter, meel en sout in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot goed gemeng. Voeg net genoeg water deur die tregter by tot ’n sagte deeg om die lem vorm. Haal die deeg uit, vorm in ’n bal en plaas in die yskas vir sowat 1 uur.

2 Voer die bodem en kante van die tertpan met die deeg uit en bak blind (sien onder).

3 Vla Klits al die bestanddel­e saam in ’n mengbak en hou eenkant.

4 Vulsel Breek die kaas in growwe stukke en versprei oor die gaar kors. Sprinkel die sondroë tamaties boop, indien gebruik, en rangskik die vye bo-op.

5 Giet die vla oor en sprinkel die neute bo-op.

6 Bak 35-40 min. of tot die vla gestol is.

7 Afronding Versier met die roketblare. Sit louwarm of koud voor.

BLINDBAKWE­NK

Prik die bodem van die deeg waarmee jy die pan uitgevoer het ’n paar keer met ’n vurk. Voer die deeg met bakpapier uit en vul die bodem met rou bone. Bak 10 min. tot gaar, maar nie bruin nie. Verwyder die bakpapier met die bone en bak nog 5 min. of tot die kors in die middel gaar is.

 ?? ?? GEBAKTE SOUTTERT MET GORGONZOLA EN VYE
GEBAKTE SOUTTERT MET GORGONZOLA EN VYE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa