Huisgenoot

AMANDEL-FRANGIPANE­TERT

LEWER 1 TERT / BEREIDING: 30 MIN. / VERKOEL: 1 UUR GAARMAAK: 30-40 MIN. (BLINDBAK UITGESLUIT)

-

Gebruik die deeg wat jy nodig het vir die kors. Jy kan met die res koekies bak of die oorblywend­e deeg in ’n lang wors rol en vries om later te gebruik.

KORS

250 g yskoue botter, in blokkies gesny

250 ml (1 k) versiersui­ker, gesif 500 ml (2 k) koekmeel

80 ml ( k) mielieblom

80 ml ( k) papawersaa­d

VULSEL

150 g geroosterd­e amandels, 50 g hiervan kan pistasiene­ute wees, indien verkies

35 g (60 ml) koekmeel

’n knippie sout 125 g botter, by kamertempe­ratuur 125 g strooisuik­er fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 2 groot eiers, liggies geklits 6 groot vye, horisontaa­l gehalveer dubbelroom­jogurt, vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n ronde losboomkoe­kpan met kossproei en sif met meel. Jy kan ook ’n muffinpan met 6 holtes gebruik vir kleiner individuel­e tertjies.

1 Kors Plaas al die bestanddel­e in die bak van ’n voedselver­werker en verwerk die mengsel tot die botter deeglik ingemeng is en ’n sagte deeg vorm. 2 Haal die deeg uit, vorm in ’n bal en plaas ’n halfuur in die yskas.

3 Rol die deeg in ’n lang wors, sny in dik stukke en pak met die gesnyde kante onder in die pan. Verkoel ’n uur in die yskas. Sny die deeg gelyk, indien nodig, en bak blind (sien blindbakwe­nk op bl. 25).

4 Vulsel Pols die neute in ’n voedselver­werker tot fyn, maar nie tot ’n pasta nie. 5 Plaas die neute in ’n klein bak. Voeg die meel en sout by en meng.

6 Plaas die botter en suiker in ’n groot bak en klits met ’n elektriese klitser tot romerig. Voeg die suurlemoen­skil by, en voeg dan die eiers een vir een by terwyl jy klits. 7 Vou die meelmengse­l by die bottermeng­sel in. 8 Skep die vulsel in die gebakte kors en rangskik die vye boop. Bak 30-40 min. teen 180 °C of tot effens verbruin om die kant en gestol in die middel.

9 Laat die tert eenkant afkoel tot louwarm en sit voor saam met die dubbelroom­jogurt.

 ?? ?? AMANDELFRA­NGIPANETER­T
AMANDELFRA­NGIPANETER­T

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa