Huisgenoot

PAVLOVAROL met ’n VULSEL van VYE EN ROOM

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 10-12 MIN.

Dié pavlova is nie te soet nie en dit bak net 10-12 min. Die sagte meringue en romerige jogurtvuls­el werk goed saam met die vrugtige soetheid van die vye.

PAVLOVAROL

4 eierwitte 180 ml (¾ k) strooisuik­er

’n knippie sout en kremetart

5 ml (1 t) fyn kaneel 15 ml (1 e) suiker 50 g (½ pakkie) amandelvlo­kkies

VULSEL

125 ml (½ k) room, styfgeklop 375 ml (1½ k) dubbelroom­jogurt heuning, na smaak sowat 6 vars vye, stingels afgesny fyn kaneel of versiersui­ker, vir oor sif

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei en voer met bakpapier uit. Bespuit weer met die kossproei en sif ’n baie dun lagie mielieblom oor. 1 Pavlovarol Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg terwyl jy klits geleidelik die strooisuik­er, sout en kremetart by tot styf geklits. 2 Meng die kaneel, suiker en amandelvlo­kkies en versprei eweredig oor die voorbereid­e bakplaat.

3 Skep die meringue op die bakplaat en versprei dit eweredig. Bak 10-12 min. of tot gaar en styf, maar nie uitgedroog nie.

4 Plaas ’n stuk bakpa

pier en ’n draadrakki­e oor die gebakte meringue. Draai alles saam om en verwyder die bakplaat. 5 Trek die bakpapier af en draai die meringue weer om sodat die kant met die amandels onder is. Bedek met ’n skoon kombuisvad­oek en gebruik die doek om die meringue versigtig van een van die kort kante af op te rol. 6 Vulsel Net voor jy die pavlova wil voorsit, meng die room en jogurt. Jy kan ’n lepel of twee heuning by meng tot dit soet genoeg is na jou smaak.

7 Rol die meringue versigtig oop en smeer die roommengse­l oor. Was die vye en pak die skoon vye langs mekaar op die een kort kant en rol die pavlova weer op.

8 Sif die kaneel of versiersui­ker oor, indien verkies, en sit voor. Jy kan dit ook met ekstra vars vye (nie geskil nie) voorsit.

 ?? ?? *
PAVLOVA-ROL MET ’N VYE-EN-ROOMVULSEL
* PAVLOVA-ROL MET ’N VYE-EN-ROOMVULSEL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa