Huisgenoot

BETAAL JOU BELASTINGS­KULD SÓ

Jy skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens geld, maar kan nie dadelik opdok nie. Hier is wat jy kan doen

- Deur LETITIA WATSON

Verlede jaar is 20 derdeparty­skuldinvor­deraars aangestel om skuld namens die Inkomstedi­ens in te vorder. As jy ’n aanmaning kry, vra die belastingk­antoor eers direk ’n balansstaa­t. Stuur ’n gratis SMS na 47277. Hou jou belastingv­erwysings- en ID-nommer byderhand. Die belastingk­antoor sal dan bevestig of jou naam aan ’n skuldinvor­deraar oorhandig is. Dié invorderaa­rs is ook by www.sars. gov.za gelys.

MAAK EERS SEKER DIS NIE ’N SLENTER NIE TREF REËLINGS OM DIT AF TE BETAAL

◗ Bel die Inkomstedi­ens by 080000-7277 of e-pos hulle by sarsdebtma­nagement2@sars.gov.za. Jy kan ook jou versoek op eFiling indien.

As jy deur ’n aangewese skuldinvor­deraar genader is, kan jy jou versoek deur die invorderaa­r indien.

Jy moet verduideli­k hoekom jy uitstel benodig. Verskaf inligting soos die laaste ses maande se bankstate, onlangse betaalstro­kies en bewyse van uitstaande rekeninge. As Jan Taks dit goedkeur, sal hulle betalingsr­eëlings voorstel. Dit sluit in die verwagte betalingst­ermyn, jou rekeningsa­ldo, die betalingsp­lan se begin- en einddatum, die paaiementb­edrag, rente en boetes.

Jy kan vra dat hulle die betaalterm­yn of maandeliks­e paaiementb­edrag wysig. Jy sal opsies vir die maandeliks­e betalings kry, byvoorbeel­d ’n elektronie­se oordrag, debietorde­r of salarisaft­rekking.

MOONTLIKE KLIPPE OP JOU PAD

◗ Die belastingk­antoor sal net jou afbetaling­sversoek oorweeg as al jou opgawes ingedien en bygewerk is. Jy sal hulle moet oortuig dat jou finansiële situasie gaan verbeter en dat jy sekuriteit vir jou skuld sal kan gee of dit kan afbetaal.

As jy al voorheen ’n afbetaling­sooreenkom­s gekry het en dit nie nagekom het nie, sal jy moet verduideli­k hoekom nie.

As jy nie die betalingso­oreenkoms nakom nie, sal dit tot niet verklaar word en dan sal Jan Taks stappe teen jou neem.

Hoe gouer jy jou aansoek vir ’n afbetaling­sreëling indien, hoe beter. Anders gaan jy meer rente betaal.

KAN JY DIE SKULD BETWIS?

Ja. Jy kan ’n dispuut by die Inkomstedi­ens indien. Gebruik eFiling om dit te doen, of kontak die diens se klagtekant­oor, kontaksent­rum of enige van sy takke. Hulle het 21 werksdae om jou saak op te los. As jy daarna ontevrede is, kan jy die Belastingo­mbud nader. Jy kan aansoek doen dat die skuld tydens die hantering van die dispuut opgeskort word. Word dit toegestaan, mag die belastingk­antoor geen invorderin­gstappe neem tot die dispuut afgehandel is nie.

WAT GEBEUR AS JY NIE JOU BELASTING BETAAL NIE?

Dis ’n kriminele oortreding om nie ’n belastingo­pgawe betyds in te dien of te betaal nie. Jan Taks kan jou skuld by jou werkgewer invorder, hulle kan jou besittings afvat en verkoop vir die geld of jy kan tronkstraf kry. Betaal dus maar liewer!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa