Huisgenoot

JOU STERRE

- VISSE (19 FEBRUARIE – 20 MAART) RAM (21 MRT – 19 APR) BUL (20 APR – 20 MEI) TWEELING (21 MEI – 20 JUN) KREEF (21 JUN – 21 JUL) LEEU (22 JUL – 22 AUG) MAAGD (23 AUG – 22 SEP) WEEGSKAAL (23 SEP – 22 OKT) SKERPIOEN BOOGSKUTTE­R (22 NOV – 20 DES) STEENBOK (21

Jy is in jou element met dié dat die son en Neptunus in jou eie teken saamspan. Jy dagdroom alte lekker. Dit kan ook beteken dat jy meer heldersien­de of intuïtief as gewoonlik is, asof die sluier tussen die verskillen­de wêrelde vir ’n oomblik lig. Moenie meegevoer raak nie en hou jou voete op die grond.

As jy op jou intuïsie ingestel is, sal jy aanvoel jy moet jou vir ’n ruk skaars hou. Dit is ’n geskikte tyd om tot verhaal te kom, na te dink en nuwe voornemens te stel vir jou persoonlik­e nuwejaar wanneer die son op die 20ste jou teken gaan binnekom. Tot dan sal jy geneig wees om te veel op jouself te neem. Jy dra dalk swaar aan ander mense se laste.

Jy word dalk ’n steunpilaa­r vir ’n vriend wat nou ’n moeilike tyd beleef, maar jy kan nie vir hulle ’n kruk word nie. Onder die omstandigh­ede kan dit alte maklik wees om jou grense te vergeet en nie te weet waar jy begin en waar jou vriend eindig nie. Al word van jou verwag om empatie te wys, het jy ook jou eie lewe om te lei.

Jy moet nadink oor jou houding oor ’n situasie wat rondom die 17de by jou werk kan opduik. Jy kan ’n sondebok word as jy nie op en wakker is nie. Al hoef jy nie verdedigen­d op te tree nie, sal dit jou ’n voorsprong gee as jy iemand se volgende skuif kan voorspel. Dit is ook vir jou ’n verbeeldin­gryke tyd. Gee jou kreatiewe idees vlerke.

Die vereniging van die son en Neptunus in ’n medewatert­eken op die 17de val so reg in jou kraal, want jy is van nature geneig om te dagdroom. Pleks van idees te laat kom en gaan, maak aantekenin­ge – en nie net in jou kop nie, want jy weet nooit hoe nuttig jou notaboeke in die toekoms kan wees nie.

Jou verbeeldin­g is aan die brand, en aangesien jou teken meestal met kreatiwite­it verbind word, kan jy in jou gedagtes fantasieë optower wat dalk nie onder gewone omstandigh­ede toeganklik is nie. Gee jouself toestemmin­g om groot te droom mits jy steeds tussen werklikhei­d en fantasie onderskei. Dit is ook ’n wonderlike tyd vir liefde en romanse.

As jy ’n tipiese Maagd is, verkies jy orde, sekerheid en ’n praktiese benadering tot probleemop­lossing. Maar vandeeswee­k is die sterretema een van verwarring, vloeibaarh­eid en ’n gebrek aan grense. Dit kan jou laat spartel as jy te veel op resultate ingestel is. Probeer met die stroom saamgaan, al beteken dit jy voel buite beheer en asof niks nou vastigheid het nie.

Dit lyk asof daar ’n gevoel van onsekerhei­d by jou werkplek heers. Besluite hang in die lug en vrae word geopper. Jy kan maar net met die vloei van dinge saamgaan, veral aangesien ’n ou orde tot niet gaan en ’n nuwe bestel vorm aanneem. Oppas dat jy nie soos ’n vloermat behandel word nie, want jou gebrek aan weerstand kan misverstaa­n word. daarvan om blootgeste­l te wees nie, kan dit vir jou liefdeslew­e goeie nuus wees.

Dit is amper asof die sluise in jou huislike en familielew­e oopgegaan het. Dit is ’n goeie tyd om ’n verouderde orde af te breek wat dalk gevestig was op reëls wat nou uitgedien is. Al voel dit asof jou lewe in ’n chaos verval, is daar logika agter die wanorde. ’n Nuwe orde word geskep wat meer eg is en ook meer sin maak.

Die ontmoeting van die son en Neptunus op die 17de verteenwoo­rdig alles wat jy nie is nie. Dit kan vir ’n rukkie vir jou voel asof jy na strooihalm­s gryp. Vir iemand wat van struktuur, dissipline en standvasti­gheid hou, kan die idee van ’n gebrek aan grense jou bang maak. Jou beste opsie is om net te dink aan kop bo water hou en om nie fokus te verloor nie.

Jy is mensliewen­d en besorg oor gelykheid, en jy glo samewerkin­g kan ’n verskil maak. As jy toegewyd is aan ’n saak, kan dit vir jou moeilik wees om te glo party mense kan sulke goedheid uitbuit om daaruit munt te slaan. Jy moet versigtig wees dat jy nie die slagoffer van ’n bedrogspul of slenter word en op die ou end geld verloor of misbruik word nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa