Huisgenoot

#LOVEMYSELF­IE

- WAAROOR GAAN DIT? HOEKOM IS DIT DIE KYK WERD? WAT DINK ONS DAARVAN?

#LOVEMYSELF­IE

Dramedie met Illse Roos, Kevin Smith, June van Merch, Hélène Truter, Joanie Combrink en Lida Botha. Regie: Lika Berning. In teaters vanaf 8 Maart.

Die beroemde aktrise Adele Swan (Illse Roos) vang haar katelknaap in die bed met ’n beïnvloede­r, en boonop is sy in ’n finansiële penarie. Sy kan haar skuld afbetaal deur die gesig van ’n veldtog op ’n weelderige plesierboo­t te word. Dit kom egter teen ’n reuseprys. Maar so selfbehep soos Adele voorkom, herontdek sy ou en nuwe verhouding­s en leer sy ook dat jy wel jouself kan liefhê.

Dis die eerste Suid-Afrikaanse fliek wat op ’n MSC-plesierboo­t verfilm is. Die span moes soms deur die nag werk om vakansiega­ngers nie te steur nie. Die boot-as-’n-stel gee ’n vars gevoel aan die fliek.

Illse se toneelspel is puik, en Kevin Smith as George lyk sommer van die begin af soos iemand wat jy oorboord wil stoot. Dis Lika Berning se eerste vollengter­olprent in die regisseurs­toel, en daar is selfs ’n kort toneel met haar ma, Jana Cilliers, wat teenoor Illse speel. Hélène Truter het die draaiboek geskryf.

In een toneel sit Adele en kyk krities na haar beeld in die spieël. Dit laat jou dink aan die strofe in die Koos du Plessis-liedjie “As almal ver is”: Weerloos, en eensaam, soos ’n vrou voor ’n spieël.

Ja, van die tonele is belaglik, van die akteurs oorspeel hul rolle, en soms laat die fliek jou dink aan iets soos Vetkoekpal­eis, maar dis dieper en efens donkerder.

Kyk dit om te lag en te besef jy kan en moet vir jouself, met al jou foute, lief wees – en soms moet jy letterlik van jou bagasie ontslae raak.

 ?? ?? Millie Bobby Brown is beslis nie die gewone hulpelose prinses in Netflix se nuwe aksiebelaa­ide fantasiefl­iek Damsell nie.
Millie Bobby Brown is beslis nie die gewone hulpelose prinses in Netflix se nuwe aksiebelaa­ide fantasiefl­iek Damsell nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa