Huisgenoot

HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

12 MAART 2006 – DIE PROTEAS KLOP AUSTRALIË IN DIE 438-WEDSTRYD

-

Die vyfde eendagweds­tryd tussen die krieketspa­nne van Suid-Afrika en Australië word gereken as een van die beste eendagweds­tryde wat al ooit gespeel is. Die wedstryd is op 12 Maart 2006 op die Wanderers in Johannesbu­rg beslis.

Albei spanne het op daardie dag die rekord gebreek vir die meeste lopies in ’n eendagweds­tryd. Australië het eerste gekolf en ’n telling van 434/4 in hul 50 boulbeurte geslaan.

Die Australies­e kaptein, Ricky Ponting, het 164 lopies aangeteken. Sy beurt het 13 viere en 9 sesse ingesluit. Australië se totaal was reeds die eerste telling van meer as 400

lopies in ’n eendagweds­tryd.

Die vuurwerke was egter nog nie verby nie. Suid-Afrika het tweede gekolf, en baie het gedink die skrif was aan die muur omdat die Proteas ’ ’n geskiedeni­s gehad het van sukkel teen die Aussies. Die Aussies het ook in 2003 die Wêreldbeke­r op die einste Wanderers gewen.

Graeme Smith, wat die kaptein van die Proteas was, het ’n goeie fondament gelê vir die beurt met sy 90 lopies, maar die dag het aan die sterkolwer Herschelle Gibbs behoort.

Herschelle het 175 lopies van 111 balle gemoker voor hy uitgevang is. Die Proteas se voorlaaste paaltjie het geval op 433, een lopie weg van Australië se totaal. Dit was ’n laaste grenshou van die paaltjiewa­gter Mark Boucher wat eindelik die Proteas tot ’n totaal van 438 lopies geneem het.

dwMe Despicable 2024 Mei 29 Louvre Die Argentinië m 446 3 Lesotho: met grens die op Mafadi,

KIWIKIDSNE­WS.CO.NZ, YORKSHIREW­ILDLIFEPAR­K.COM, PORT.AC.UK, NEWSROOM.WCS.ORG, KIDSNEWS.COM.AU, BBC. COM, EDITION.CNN.COM, REUTERS.COM, ESPNCRICIN­FO.COM

 ?? ?? Kunstenaar­s maak ’n vuurwerkve­rtoning van gesmelte yster by die jaarlikse Lanternfee­s in Sichuan in die suidweste van China.
Kunstenaar­s maak ’n vuurwerkve­rtoning van gesmelte yster by die jaarlikse Lanternfee­s in Sichuan in die suidweste van China.
 ?? ?? Mark Boucher vier die oorwinning ná hy die wenlopies geslaan het saam met Makhaya Ntini.
Mark Boucher vier die oorwinning ná hy die wenlopies geslaan het saam met Makhaya Ntini.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa