Huisgenoot

DANKIE TIKTOK BENSON BOONE

-

SUID-AFRIAFRIKA­ANSE SUID- GUNSTELING

Die Di 21-jarige 21 j is nou eers byna vier jaar in die musiekbedr­yf, het reeds supersters­tatus op sosiale media en het dit reggekry om die no. 4-kunstenaar op Spotify se Top 50-trefferlys in SuidAfrika te word. En dis als te danke aan sy aansteekli­ke enkelsnit, “Beautiful Things”. Dit vat letterlik net een luister om te verstaan hoekom die Amerikaner die wêreld se volgende musikale superster kan word.

HY’S NIE ’N IDOL NIE

Hy het in 2021 sy musiek op TikTok begin deel. Daardie jaar het hy ook aan American Idol deelgeneem, em, maar het toe uit dié kompetisie onttrek. nttrek. “Ek het ontt onttrek omdat ek besluit t het om musiek te doen doen. Ek wou nie hê mense moet aan my dink as ‘die d ou van American merican Idol’ nie.

“Ek wil Ben Benson wees wat trefferlie­djies skryf e en bekend is omdat mdat mense my liefhet liefhet,” sê Benson in ’n onderhoud op die podcast Zach Sang ng Show.

piiDis TikTok se skuld dat hy vandag so gewild is. Hy het sy liedjies op TikTok later weer gedeel en dit het opgeblaas! Danksy sy talent het Dan Reynolds, die hoofsanger van Imagine Dragons, vir hom ’n kontrak aangebied by sy maatskappy Night Street Records.

DIE AKWARIUM?

Benson is nie net bekend vir treffers soos “Beautiful Things,” “In the Stars” en “Ghost Town” nie, maar ook vir die snaakse dinge wat hy kwytraak. Mens kan dit sy “onskuldige onkunde” noem.

Hy, ’n hele sanger, weet byvoorbeel­d nie wat ’n EP en LP is nie – dis ’n kortspeler en vollengtea­lbum, by the way. “Wat is ’n LP? Ek het nog nooit gehoor van ’n LP nie.”

En toe hy gevra is oor sterreteke­ns, het hy die onderhoudv­oerder gevra: “Oe, is jy soos in into akwarium-goed?”

ADELE EN ELVIS PRESLEY

Benson is in Monroe, Washington, gebore. As jy na sy musiek luister, is daar ’n diepte in sy stem wat jou laat dink aan kunstenaar­s van ’n n vroeër era. “Ek het grootgewor­d met meestal ouer musiek. Soos Stevie Wonder, Billy Joel, Aretha Franklin en Elvis Presley. Maar ek het ook baie gehou van Adele en Sam Smith en baie pop-soul-tipe musiek.” Daai “soul” kan nou in sy musiek ook gehoor word. “Ek dink die musiek waarna ek op skool geluister het, het nou ’n groot impak op my kuns. Ek sit baie daarvan in die lirieke wat ek skryf, hoe ek sing en selfs hoe ek woorde uitspreek.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa