Huisgenoot

HOE BEËINDIG JY ’N VRIENDSKAP?

-

DOEN DIT SÓ Dink mooi hoe jy gaan kom

munikeer. ’n Eerlike gesprek is die beste manier om ’n vriendskap tot ’n einde te bring, maar dalk is dit vir jou net te pynlik of moeilik om dit van aangesig tot aangesig te doen.

Elke vriendskap is anders. Wees eerlik met jouself oor hoe jy jou vriendin wil benader. Of dit nou met ’n telefoonop­roep, videogespr­ek, e-pos of ’n handgeskre­we brief is, kies wat die beste gaan werk.

Kies jou woorde. Beskryf hoe jy oor die situasie voel. Maak stellings wat met “ek” begin, soos: “Ek voel dat . . .” eerder as stellings wat met “jy” begin, soos: “Jy is te besitlik/manipulere­nd/swartgalli­g . . .”

Wees nugter. Dalk voel jy ’n stywe dop sal jou die moed gee om die gesprek te hê, maar alkohol kan jou emosies met jou laat weghardloo­p en jou dinge laat sê waaroor jy later spyt sal wees. Moet jou eerder nie tot drank wend nie.

Onthou jy kan nie beheer hoe die ander persoon gaan

reageer nie. Fokus op die aspekte van die interaksie wat jy kan beheer en probeer jou boodskap so helder moontlik oordra.

Berei jouself voor vir die

rouproses. Selfs as jy die een is wat die bande verbreek het, is dit steeds ’n verlies. Kyk mooi na jouself.

WAT OM NIE TE DOEN NIE Moenie mense “ghost” nie.

Moenie net uit mense se lewe verdwyn deur nooit weer na hulle toe uit te reik of op hul boodskappe te reageer nie.

In ’n studie in Amerika is bevind as jy dít aan iemand doen, lei dit tot veel meer woede, seerkry en gevoelens van verwerping as enige ander manier waarop ’n mens ’n ver

houding kan beëindig. Moenie jou vriendin of jou

self die skuld gee nie. Hou die fokus op die dinamika tussen julle.

Eerder as om vir jou vriendin te sê: “Jy is altyd so negatief en dis ’n groot probleem vir my,” kan jy sê: “Ek kry nie uit hierdie vriendskap wat ek nodig het nie, en jy waarskynli­k ook nie.”

Moenie dink jy kan jou vrien

din “regmaak” nie. In sommige gevalle is dit gepas om te verduideli­k hoekom jy die vriendskap beëindig, maar as die probleem verband hou met aspekte van jou vriendin se persoonlik­heid of gedrag, is dit regtig nie jou werk om hulle “reg te ruk” of hulle ’n les te leer nie.

Soms is dit genoeg om bloot te sê: “Ek dink nie ons is meer goed vir mekaar nie, en ek is jammer ek kan nie meer in jou lewe wees nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa