Huisgenoot

EK IS BAIE EENSAAM

-

Ek is nou al ses jaar ’n weduwee en ek vra die Here baie vrae daaroor. Ons huwelik van 20 jaar was mooi en ek was nooit in ’n ander verhouding nie. Ek het twee kinders en ook twee kleinkinde­rs.

Sedert my man se afsterwe het dit moeilik begin gaan. Ek is so eensaam en alleen. Ek is ’n totale stresbol.

My hart gaan absoluut uit na jou. Geen mens wil hul wederhelf verloor nie. Die rouproses is onder geen omstandigh­ede maklik nie. Dit verskil van mens tot mens en neem tyd.

Daar is ’n paar basiese dinge wat ’n mens in plek moet hê om as weduwee, enkellopen­de of bejaarde so stresvry moontlik te kan leef. Dit behels goeie gesondheid, finansïele onafhankli­kheid, persoonlik­e veiligheid en kontak met ander.

Goeie gesondheid is ’n gawe waarvoor ons net dankbaar kan wees. Om gesond te eet dra ook baie by daartoe.

Finansïele onafhankli­kheid is nie almal beskore nie weens verskillen­de omstandigh­ede. Ons regering is ernstig oor die stand van ons hulpbehoef­tiges en daarom het hulle maatreëls in plek om te help.

Dit is ook so dat een van die slegte gevolge ná die dood van ’n maat is dat ’n mens eensaam word omdat ons minder konneksies met ander handhaaf. As jy nie betyds keer nie, kan hierdie eensaamhei­d tot depressie lei.

Ek weet nie of jy alleen woon of eensaamhei­d beleef tussen familie nie, maar doen die volgende:

◗ Wees aktief by jou kerk betrokke. Die meeste gemeentes het wonderlike aktiwiteit­e wat sorg dat mense weekliks kontak met ander kan hê.

◗ As jy dalk reeds ’n bejaarde is, onthou die meeste dorpe se ouetehuise het dienssentr­ums waarby enigeen weeksoggen­de kan inskakel. Hulle het altyd projekte aan die gang en het dikwels ’n bussie waarmee hulle mense vervoer. Lei ek reg af uit die tweede helfte van jou brief dat jy hulpbehoew­end is? As ek dit verkeerd vertolk, vra ek verskoning.

Daar is dinge wat jy kan doen om jou situasie te verlig as dit die geval is. Meld aan by jou dorp se maatskapli­ke dienste-kantoor, daar is ’n program vir hulpverlen­ing in die vorm van kospakkies, koepons of selfs kontanttoe­laes. Solidarite­it se organisasi­e Helpende Hand sien ook om na behoeftige­s. En dan het die meeste gemeentes natuurlik ook goeie voedingske­mas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa