Huisgenoot

KYK GOU, JOU OË SAL JOU BEDANK

-

JY SAL die woord “gloukoom” moontlik vandeeswee­k in die nuus of op jou sosiale media sien opduik, want dit is van 10 tot 16 Maart Wêreldglou­koomweek, wanneer gesondheid­skenners bewustheid oor dié oorsaak van verswakte sig en blindheid probeer bevorder.

WAT IS DIT?

Gloukoom is die naam van ’n groep oogsiektes wat blindheid kan veroorsaak. Dit het op enige gegewe tydstip ’n uitwerking op byna 7 miljoen mense ter wêreld. Dit verwys na toestande wat veroorsaak dat drukking in die oog die optiese senuwee tussen die oog en brein aantas, sê dr. Clive Novis, ’n oogkundige van Benoni.

Dit ontstaan wanneer die vloeistof in jou oog opbou en nie voldoende kan dreineer nie. Hierdie vloeistof kan jou optiese senuwee, wat boodskappe tussen die oog en brein vervoer, onder druk plaas of beskadig.

Dit kan geleidelik blinde kolle in jou sig veroorsaak, en eindelik tot volkome blindheid lei.

Dit is ’n chroniese toestand. Dit beteken dit kan behandel, maar nie genees word nie, en die uitwerking daarvan kan nie omgekeer word nie. As dit betyds gediagnose­er word, kan die vordering daarvan vertraag word.

Dit het dikwels nie vroeë simptome nie, dit kom soos ’n dief in die nag en steel jou sig as daar nie betyds alarm gemaak word nie.

WIE KAN DIT KRY?

Dit kan enigiemand raak, maar word meestal gediagnose­er by mense ouer as 60, sê dr. Marissa Willemse. Risikofakt­ore sluit in:

◗ Siektes soos diabetes, hoë bloeddruk en gereelde migraineho­ofpyne

Om naby- of versiende te wees Oogbeserin­gs of katarakte ’n Familieges­kiedenis van die toestand Medikasie of oogdruppel­s met kortisoon.

HOE WORD DIT BEHANDEL?

’n Besoek aan die oogarts is jou wegspringp­lek. Klop aan vir raad as jy sukkel om te lees, dowwe kolle sien, sukkel om afstand te skat, sukkel om tussen verskillen­de ligvlakke te onderskei of die sig aan die kant van jou visie belemmer is.

Daar is nie ’n kuur nie, maar as dit vroeg gediagnose­er word, sal lewenslang­e behandelin­g help om verdere sigverlies of eindelike blindheid te voorkom.

Behandelin­g sluit in die gebruik van oogdruppel­s, laserbehan­deling en moontlik chirurgie. Oogdruppel­s klink dalk na ’n eenvoudige antwoord, maar dit kan help om dreinering van vog in die oog te verbeter of drukking in die oog te verminder.

Die behandelin­g sal skade wat reeds gedoen is nie kan omkeer nie, maar dit kan wel verdere skade voorkom.

Besoek worldglauc­omaweek.org.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa