Huisgenoot

’N KOPSKUIF VIR DIE GOUE JARE

-

Baie mense sien met oorgawe uit na hul aftrede, maar dan kom hierdie langverwag­te blaaskans van die dolle gejaag weer met sy eie uitdagings.

Elke lewensfase bring saam met sy vreugdes ook sy eie onverwagte ontnugteri­ngs – en dit verg dikwels ’n kopskuif om dit aan te pak.

Dis belangrik om dié fase van jou lewe met die regte ingesteldh­eid te betree, sê dr. Arien van der Merwe, ’n Pretoriase dokter wat onder meer in holistiese geneeskund­e spesialise­er.

Hoe kry jy jou kop op die regte plek?

AANVAAR DIS NIE EENVOUDIG NIE

Alles gaan nie net glad verloop nie. Daar gaan tye wees wanneer jy verlore en alleen voel, en dis normaal. Praat met mense wat jy vertrou oor jou gevoelens, of gaan sien ’n sielkundig­e of berader. Erken en omarm die kompleksit­eit van jou ervaring.

BELEEF DIT MET BEWUSTHEID

Skep vir jouself die ruimte om die nuwe landskap van jou gemoed te verken, en om jou stres en vrese daarin te bestuur. Jy kan dit doen deur meditasie of joga te beoefen, oefening en ander fisieke aktiwiteit­e te doen, meer tyd in die natuur deur te bring of ’n dankbaarhe­idsjoernaa­l te hou. Dit sal jou help sin maak van die oorgang.

VIND ’N NUWE DOEL EN BETEKENIS

Vir baie mense gaan hul werkslewe en loopbaan oor soveel meer as net werk – dit gee ’n doel en betekenis aan hul lewe. Om ’n doel in die lewe te hê gee plesier. Maak werk daarvan om nuwe vaardighed­e aan te leer of betrokke te raak by nuwe dinge. Hierdie tyd van jou lewe is die ideale geleenthei­d om terug te ploeg in jou gemeenskap of ander mense by te staan, sê die ekonoom Ulrich Joubert. Jy kan ook as mentor optree vir ’n nuwe geslag en jou kennis en ondersteun­ing deel. Dit kan in jou goue jare goud werd wees vir ander – en vir jou ’n nuwe gevoel van waarde gee.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa