Huisgenoot

THE ILLUMINATE­D

-

Die lokprent van die nuwe dokkiereek­s The Iluminated gee ’n mens hoendervel. Dis duidelik hier is volledige navorsing gedoen oor die waarheid agter verskillen­de Suid-Afrikaanse godsdienst­e en gelowe.

“Elke mens het die behoefte om te behoort en het dikwels ’n leemte wat hulle met geloof wil vul,” sê Wynand Louw, hoof van inhoud by POP24, die produksieh­uis wat hierdie insiggewen­de dokumentêr­e reeks gemaak het.

“Die reeks se mikpunt is om verskillen­de gelowe en groepe te ondersoek, en om agter die kap van die byl te kom van wat waar is. Hoekom mense daarin glo en hoekom die publiek soms skepties is oor hierdie groepe.

“Ons kyk nie net na die NG Kerk en die Katolieke Kerk nie, maar ook na ander groepe. Ons gee al die inligting gebalansee­rd weer, maar ons skram nie weg van die omstredenh­eid van sommige van die gelowe nie.”

Elke episode fokus op ’n spesifieke geloof, en dan word daar gekyk na daardie “kerk” en die lede. Kenners word betrek om alles in perspektie­f te plaas. “Daar is ook baie dele in Afrikaans en dis nie moeilik om te volg nie.”

Wynand sê maande van ondersoek en oorreding het die fliek voorafgega­an om mense sover te kry om openlik oor alles te gesels. “Baie mense wil nie in die openbaar praat oor geloof nie en ook nie oor hoekom hulle dinge glo nie. Soms glo mense in iets, maar hulle kan nie werklik verduideli­k hoekom nie. Dit was interessan­t om tyd saam met van die meer raaiselagt­ige groepe deur te bring, en te sien waar opregte ideale is en hoe verdraaiin­g soms plaasvind.”

Jy gaan beslis iets leer en die inhoud met ander wil bespreek.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa