Huisgenoot

FLITSVRAE: CINDY SWANEPOEL Aktrise, tans te sien in Koek op Showmax

-

Waarmee hou jy jou die graag

ste besig? Met stap. Hike. Wat verveel jou? Mense met te veel opinies. Waaroor is jy spyt? Dat ek my suster se troue misgeloop het. Wat sou jy anders doen as jy

jou lewe kon oorhê? Niks. Alles moet wees soos dit is. Hoe sal die mense wat jou goed

ken jou beskryf? Iemand wat baie stupid grappies maak. Baie vloek. Daarvan hou om rooiwyn te drink. Met watter slegte eienskap in ander kan jy saamleef? Ons almal kry ’n dag wat ons ongeduldig en geïrriteer­d is, so dis fine, maar moenie aanhou daarmee nie. Wat beïndruk jou in ander mense? Mense wat selfless is – wat gee sonder om iets terug te verwag. Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Ek wil graag vir AnnaMart van der Merwe vir ete nooi. Ek hoop sy sien hierdie. Wat sou jy dan vir ete maak?

Niks. Ons sal sit en rooiwyn drink. Ek hoop sy drink rooiwyn . . . En daar sal droëwors wees, so ons kan dit eet en net gesels. Soos ou beste vriendinne. Wat braai jy die graagste? ’n Varktjoppi­e. Ek kan hom nogal goed braai, en dis ’n kuns. Wie of wat kan jy nie verduur

nie? Mense wat dink hulle is beter as ander mense. Wat is vir jou snaaks? Mense wat in skuifdeure vasloop. Maar nie ek nie. Ek wil nie daarin vasloop nie. Wat is jou gunsteling­woord?

Liewenheer­sbesie. Jou gunsteling­gesegde?

Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie. Wat sal die boek oor jou lewe se

naam wees? Liewe, lawwe Cindy. Wie of wat is/was die liefde

van jou lewe? Craig Urbani, my verloofde. Wat is/was jou grootste prestasie? Dat ek nog steeds oorleef as ’n aktrise. Wat is jou grootste uitspattig­heid waaraan jy die meeste

geld bestee? Klere. Ek het ’n probleem. Wat is jou gunsteling-item in jou huis? Tel my hond? Hy is my gunsteling-item. Waarop is jy trots? Ek is trots op myself. Ek het hard gewerk. Ek werk nog steeds hard. Wat is jou troetelnaa­m vir jou

maat? My love. Watter troetelnam­e gebruik jou maat of ander mense vir

jou? Cins, Cinbin, Swannie, Cinderella, Swan. Waardevols­te les wat jou geliefde jou al geleer het? Elke dag is ’n geskenk. Ons is net hier nou. Daar’s nie môre nie. Nou. Wat is die beste verrassing wat jy al gekry het? My verloofrin­g op my verjaarsda­g. Wat is liefde? Liefde is alles.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa