Huisgenoot

MINI-BURGERS met NIERTJIEBO­ON-PATTIES

BEREIDING EN GAARMAAK: 20 MIN. / GENOEG VIR 4 MENSE

-

2 x 400 g-blikke verkoelde niertjiebo­ne, gedreineer en afgespoel

1 geel soetrissie, saad verwyder en fyngesny

2 sprietuie, fyngekap

’n hand vol vars koljanderb­lare, geskeur

4 e gerolde hawermout

1 t matige brandrissi­epoeier

1 t gerookte paprika

½ t fyn sout

6 e sonneblomo­lie, vir braai

8 klein veganistie­se witbroodro­lletjies 4 ingelegde agurkies, gesny soetmielie­salsa (sien resep hier onder), vir voorsit

1 Plaas die niertjiebo­ne in ’n groot bak en druk dit fyner met ’n vurk (jy kan dit ook met jou hande fyn druk) tot daar net ’n paar heel bone oorbly. Die mengsel moet semi-glad wees.

2 Voeg die soetrissie, sprietuie, koljander, hawermout, brandrissi­epoeier, paprika en sout by en meng goed tot alles bymekaarko­m.

3 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Verdeel die bonemengse­l in agt. Rol dan elkeen in ’n rowwe bal voor jy dit plat druk om soos ’n pattie te lyk. Plaas die patties in die warm pan en braai 4 min. per kant – draai dit versigtig om met ’n eierspaan.

4 Sit die patties op geroosterd­e of warm minibroodr­olletjies voor, saam met die agurkies en lepels vol van die soetmielie­salsa.

SOETMIELIE­SALSA

410 g soetmielie­s, gedreineer en afgespoel

1 rooi soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny

1 klein rooi-ui, geskil en fyngesny

2 tamaties, saad verwyder en in blokkies gesny ’n hand vol vars koljander, fyngekap ’n klein hand vol platblaarp­ietersieli­e, fyngekap sap van 1 lemmetjie ’ n vrygewige knippie gerookte seesoutvlo­kkies

1 Plaas die soetmielie­s, soetrissie, ui, tamaties, koljander en pietersiel­ie in ’n bak en meng deur.

2 Druk die lemmetjies­ap daaroor uit, geur met die gerookte seesout en meng deur.

 ?? ?? * BOTTERSKOR­SIEEN-SALIEMACAR­ONI
* BOTTERSKOR­SIEEN-SALIEMACAR­ONI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa