Huisgenoot

INBRAKE MAAK MY ’N BANG MENS

-

V Ek is 82 jaar oud en fiks en gesond. Ek beweeg met gemak, kan nog hardloop en doen my huiswerk self. Een van ons familie se ongetroude seuns woon by my. Sowat drie jaar gelede het ons ’n nare ervaring met ’n inbraak gehad. Dit het in die nag gebeur terwyl ons geslaap het. Toe ons die volgende oggend opstaan, kon ons nie glo hoe ’n groot deel van ons huisinhoud weggedra is nie. Daarna is die sekuriteit­stelsel opgeknap en ons het meer paraat begin optree. Gedurende kragonderb­rekings sorg ons ook dat ons tuis is ingeval die alarmstels­el nie aktiveer as daar ingebreek word nie.

Verlede week was ons winkels toe, en ons sekuriteit­sfirma het ons laat weet die alarm het gelui. By die huis gekom was die agterdeur se sekuriteit­shek sowel as die deur erg beskadig. Die alarm moes die diewe laat skrik het.

My senuwees is nou klaar. Ek slaap nie en voel heeltyd bang. Ek wil nie eens meer eet nie en sit knaend voor die venster om die straat dop te hou. Wat as hulle terugkom en ek is alleen by die huis? Wat is daar wat ons kan doen om onsself nog veiliger te maak?

A Wat met julle gebeur het, is baie traumaties. Ongelukkig is dit ook alledaags in die tyd waarin ons leef. Dit het ’n geweldige emosionele impak op ’n mens se psige en jy het moontlik posttrauma­tiese stres. ’n Mens voel jy het geen beheer nie en jou privaathei­d is geskend. Natuurlik sal jy ook voel jou huis is nie so veilig is as wat jy gedink het nie. Jy noem nêrens dat julle kameras het nie; indien nie, installeer dit as julle dit kan bekostig. Daar is ook slim toestelle wat spesiaal in noodgevall­e alarm kan maak. Skaf een aan wat soos ’n armband pas, met ’n noodknoppi­e wat jy kan druk. Jou sekuriteit­sfirma kan jou help om een te kies. Pepersproe­i is ook ’n opsie om heeltyd by jou dra.

Ná so ’n ervaring is ’n mens kwaad, angstig en vol vrees. Deel met jou familie hoe jy voel, reël berading en oorweeg die stappe hierbo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa