Huisgenoot

GEREEDSKAP VIR DIE KWAAI OOMBLIKKE

-

Geen mens op hierdie aarde raak nie soms kwaad nie. Dis ’n gewoon menslike reaksie gewortel in sterk gevoelens. Boonop kan daardie emosies uiteenlope­nd wees: vrees, frustrasie, spanning, hartseer. Pyn, ongemak of verdriet verskans hom byvoorbeel­d soms as woede.

Jou woede kan spruit uit iets klein, of iets veel groter en meer ingewikkel­d.

As jy selfonders­oek daaroor doen, kan dit jou help om beter te verstaan wat regtig aan jou knaag of waarmee jy werklik worstel – en daardie insig kan jou dan help om dinge aan te spreek of te verbeter.

Maar as jy jou onderligge­nde gevoelens nie werklik verstaan nie en toelaat dat woede jou gedrag bepaal, kan dit ’n verwoesten­de uitwerking hê.

“As jy toelaat dat jou woede buite beheer raak, kan dit jou oordeel beïnvloed en lei tot irrasionel­e optrede wat jou verhouding­s, gesondheid en werk kan raak,” sê Kersha Singh, ’n bestuurder by Netcare Akeso Kenilworth se Centre of Psychother­apy Excellence. Maar sy beklemtoon: “Die goeie nuus is dis nie te laat vir volwassene­s om te leer hoe om hul woede te beheer nie.”

Hier is ses eenvoudige dinge wat jy kan doen om jou in die oomblik te orïenteer wanneer woede jou skielik verswelg:

◗ Tel stadig tot 10 voor jy enigiets sê. Moenie

dadelik terugkap nie.

◗ Haal diep asem. In by jou neus vir vier tellings, en dan stadig uit by jou mond. Herhaal dit ’n paar keer.

◗ Verwyder jouself uit die situasie – kamerverla­at help vir kopskoonma­ak.

◗ Herinner jouself dis nie nodig om op als te reageer nie.

◗ Doen ’n bietjie oefening voor jy verder oor die situasie dink.

◗ Kry eers ’n nag se slaap in. Skep spasie tussen jou en die situasie voor jy besluit hoe om dit te benader.

Hierdie tegnieke sal jou help om vir jouself ruimte te skep vir selfonders­oek en om eers te bepaal wat jy werklik voel en dink. Dit is eenvoudige raad, maar dit skep tyd vir jou om groter begrip vir jou eie gevoelens, die ander party en die situasie te kweek.

Maar dit beteken nie jy moet jou woede net wegwens of onder die mat vee nie. Soms is dit steeds nodig om jou gevoelens en gedagtes te verwoord en die situasie aan te spreek.

Kersha sê die sleutel is om selfversek­erd en konstrukti­ef te kommunikee­r as jy eers kalmer voel. “Wees bedagsaam wanneer jy die situasie benader.”

Beskou die gesprek as iets wat jy produktief wil aanpak – jy wil misverstan­de uitklaar en oplossings vind eerder as net blameer en verwyt.

Dan dien jou woede nie as wapen nie, maar as rigtingwys­er wat jou help om jou weg te vind.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa