Huisgenoot

’N HELPENDE HAND VIR JOU EERSTE HUISIE

First Home Finance is ’n staatsubsi­die beskikbaar aan Suid-Afrikaners wat vir die eerste keer ’n blyplek koop. Jy kan terugwerke­nd aansoek doen en hoef dit nie terug te betaal nie. Dit kan ’n groot hulp wees vir jong mense of mense in laer inkomstegr­oepe

- Deur LETITIA WATSON

1 HOEVEEL KAN JY KRY?

Dit wissel van R38 878 tot R169 264. Hoe minder jou inkomste, hoe hoër kan die subsidie wees. Gebruik die glyskaal op die First Home Finance-webwerf ( nhfc.co.za) om te bereken hoeveel jy moontlik kan kry.

2 WAT IS DIE VOORWAARDE­S?

Dis slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers ouer as 18, met óf ’n enkele óf gesamentli­ke bruto huishoudel­ike inkomste van R3 501 tot R22 000 per maand.

Dit moet jou eerste eiendom wees, en jy mag nie voorheen ’n staatsbehu­isingsubsi­die ontvang het nie. As jy getroud of in ’n saamwoonve­rhouding is, moet die eiendom in albei se naam geregistre­er wees. Enkellopen­des met finansiële afhanklike­s kan ook aansoek doen.

Aansoekers moet bewys hul huislening­saansoek is in beginsel deur ’n geakkredit­eerde Suid-Afrikaanse finansiële instelling goedgekeur, of watter ander finansieri­ng hulle het om te koop.

3 WAARVOOR KAN JY DIT GEBRUIK?

◗ Om ’n bestaande huis of woonstel op ’n perseel met munisipale dienste te koop.

◗ Om ’n huis op ’n woonpersee­l met munisipale dienste te bou. Jy mag nie die perseel deur ’n staatsbehu­isingsubsi­die verkry het nie. Die bouer moet by die Nasionale Huisbouer-registrasi­eraad geregistre­er wees.

◗ Om oordrag- of verbandreg­istrasieko­ste of ’n tekort op die verband te dek indien die subsidiebe­drag gelyk aan (of groter as) die eiendompry­s is.

4 WAT IS DIE FINANSIËLE VEREISTES?

Subsidie-aansoekers moet die spaargeld hê of ’n lening kry om die eiendom te koop of bou. Aanvaarbar­e finansieri­ng is:

◗ Jou eie spaargeld;

◗ ’n Goedgekeur­de huislening;

◗ Behuisings­lenings toegestaan deur ’n gemeenskap­spaarskema, byvoorbeel­d ’n stokvel;

◗ Privaat werkgewers met Employer Assisted Housing Schemes (EAHS);

◗ Ongesekure­erde huislening­s van enige lener wat by die Nasionale Kredietreg­uleerder geregistre­er is;

◗ Pensioenge­steunde behuisings­lenings toegestaan of gewaarborg deur ’n pensioen- of voorsorgfo­nds;

◗ In landelike gebiede: behuisings­lenings wat ondersteun word deur toestemmin­g-om-teokkupeer-ooreenkoms­te, soos uitgereik deur staatserke­nde tradisione­le owerhede;

◗ ’n Afbetaling­sverkoopoo­reenkoms of huurom-te-koop-ooreenkoms. Dit is ’n ooreenkoms wat jy met jou verhuurder aangaan om die eiendom wat jy huur te koop.

5 WATTER PAPIERWERK HET JY NODIG?

Gesertifis­eerde afdrukke van hierdie dokumente moet aansoeke vergesel:

◗ ID’s van volwasse huishoudin­gslede;

◗ ’n Huwelikser­tifikaat waar van toepassing;

◗ Geboortese­rtifikate vir kinders wat nie ID’s het nie;

◗ ’n Egskeiding­skikkingso­oreenkoms indien relevant om voogdyskap te bewys;

◗ ’n Hofbevel of bevel uitgereik deur die Kommissari­s van Kinderwels­yn om voogdyskap te bewys;

◗ Bewyse van inkomstebr­onne;

◗ Toestemmin­g-om-te-okkupeer-ooreenkoms vir aansoekers in landelike gebiede;

◗ ’n Beëdigde verklaring van huwelike ingevolge gewoontere­g.

6 WAAR DOEN JY AANSOEK?

Die kantoor van die Departemen­t van Menslike Nedersetti­ngs; of laai die aansoekvor­m op die First Home Financeweb­werf af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa