Huisgenoot

JOU STERRE

-

RAM 21 MAART – 19 APRIL

Verhouding­sprobleme kom op die voorgrond. Dit kan soos maak of breek voel – veral as ’n belangrike besluit opdoem. Jy wil nie in ’n posisie wees waar ’n besluit op jou afgedwing word nie. Jy moet besef die volmaan op die 25ste kan die keerpunt wees. Wees ’n tydelike gebrek aan selfvertro­ue te wagte wanneer Mars op die 23ste van teken verwissel.

VISSE 19 FEB – 20 MRT

Die Visse is nou die middelpunt van die aandag, al verkies jy dit dalk nie so nie. Venus en Saturnus ontmoet op die 22ste in jou teken, en ’n verhouding kom onder die vergrootgl­as om die gehalte en opregtheid daarvan te toets. Veels geluk as jy die toets slaag, dit beteken die romanse is bestem om te hou. Wees lugtig vir die strydlusti­ge Mars wat ook op die 23ste by die Visse inval.

BUL 20 APR – 20 MEI

Omkring die 22ste op jou kalender, wanneer jou heersende planeet, Venus, die streng Saturnus in die hemelruim ontmoet. Maak jou reg vir uitdagings, of dit met geld, liefde of vriendskap verband hou, want met hierdie kombinasie is daar nêrens om weg te kruip nie. Dit sal tot jou voordeel strek as jy volle verantwoor­delikheid vir jou aandeel in die situasie aanvaar.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Die militarist­iese Mars marsjeer op die 26ste jou sterreteke­n binne en laat dalk ’n bom ontplof. Wees katvoet met jou optrede teenoor ’n taamlik baasspeler­ige mens, veral aangesien humor dikwels jou teenreaksi­e is. In dieselfde area van jou kaart kom die somber kombinasie van Venus en Saturnus ook voor. Dit beteken jy gaan vir jou optrede en besluite verantwoor­delik gehou word.

KREEF 21 JUN – 21 JUL

Die volmaan in die Weegskaal op die 25ste is vir jou ’n groot geleenthei­d. Dalk is dit ’n emosionele tyd wat jou huis en gesin betref. Alles is ook nie pluis by jou werk nie, en jy moet dalk ’n regsmening kry, al voer jy dalk nie die aanbevelin­g uit nie. ’n Ouer familielid kan ook meer tyd, aandag en liefde nodig hê.

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Finansiële besluite rus swaar op jou skouers, maar as jy die afgelope ruk verantwoor­delik opgetree het, sal dit nie vir jou ’n verrassing of ’n skok wees nie. Dit is die ideale tyd om aanpassing­s te maak aan hoe jy jou skuld en beleggings bestuur; dit sal jou inhaal as jy bo jou inkomste leef. Onthou, geld dui nie noodwendig op geluk nie.

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Verhouding­s en geldsake gaan in jou horoskoop hand aan hand, veral as jy geneig was om kwessies te ignoreer wat al ’n punt van dringendhe­id bereik het. Dit is ’n ernstige tyd, en waar jy ook al in jou verhouding met jou lewensmaat is, wink die volgende stap. Dit kan wissel van ’n verbinteni­s aangaan tot ooreenstem dit werk nie uit nie.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Staal jou vir heelwat planetêre aktiwiteit wat met jou teken verband hou en met die Weegskaalm­aan op die 25ste ’n hoogtepunt bereik. Maar eers sal jou heersende planeet, Venus, en die kosmiese polisieman, Saturnus, mekaar op die 22ste ontmoet. Jy sal belangrike lewensbesl­uite moet neem wat liefde, geld en werk betref. Die kern van die situasie is jy moet met die werklikhei­d in voeling kom.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Onder ander omstandigh­ede sou dit pret en plesier gewees het as die beweging van jou medeheerse­r, Mars, in jou prethorosk­oop enigsins ’n aanduiding is. Maar Venus en Saturnus kuier saam in dieselfde kamp en dit moedig jou aan om verantwoor­delikheid te aanvaar en jou sake agtermekaa­r te kry. Noukeurige beplanning pleks van spontanite­it is nou die enigste manier om sulke uitdagende tye te trotseer.

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

Onder die volmaan op die 25ste kan jy in die versoeking kom om meer saam met jou vriende te kuier en jou bolla los te maak en partytjie te hou. Die fokuspunt is rondom die 22ste wanneer familiesak­e al jou aandag en fokus verg. Herrangski­k of afskaal is ook opsies, maar die eintlike kwessie is jou gevoel van verantwoor­delikheid om jou familiepli­gte uit te voer.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Jou heersende planeet, Saturnus, ontmoet met die vredeliewe­nde Venus. Dit beïnvloed op ’n nugter en nadenkende manier wat in jou loopbaan aangaan. Alles dui daarop iets moet op skrif gestel word, hetsy ’n ooreenkoms, kontrak of nuwe aanstellin­gsbrief. Dit is tyd vir skouer aan die wiel sit, ’n ooreenkoms opstel en al die partye sover kry om die kontrak te onderteken.

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

Die geld wat jy aan jou huis en familielew­e bestee, is onder die soeklig. As ’n sorgelose Waterdraer moet jy dalk ’n begroting met jou inkomste en uitgawes opstel. So ligsinnig as wat jy is, moet jy aanvaar jy woon op planeet Aarde – waar rand en sent saak maak en jou daaglikse lewe bepaal. Dis ’n goeie tyd om jou finansies te bestuur en op die regte lewe te fokus.

DIE RAM IN DIE SPIEËL

As ’n vuurteken is jy van nature op en wakker. Jou energie en lewenslus is aansteekli­k. Jy put emosionele krag uit reguit wees. Jy spring in en laat dinge gebeur. Jy is altyd bereid om te vergewe.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa