Huisgenoot

’n Groener manier om jeans te kleur

-

MEESTE van ons is lief daarvoor om blou jeans te dra. Dis altyd in die mode en lyk gepas vir enige plek. Denim-jeans is van die gewildste mode-items op die mark – en hulle hou ook lekker lank.

Maar om die broeke se kenmerkend­e blou kleur te kry, is eintlik skadelik vir die omgewing.

Die broeke word gekleur met ’n stof genaamd indigo. Dié indigokleu­rstof kom in die natuur voor in die Indigofera tinctoria- plant, maar toe die aanvraag na jeans deur die jare gestyg het, is ’n sintetiese weergawe vervaardig.

Die probleem lê daarin dat nóg die natuurlike nóg die sintetiese weergawe in water kan oplos. Chemikalie­ë moet bygevoeg word om dit oplosbaar te maak.

Nou het navorsers in Denemarke ’n nuwe manier ontwikkel om die proses te laat gebeur.

Hulle gebruik ’n ensiem wat “indican” genoem word. Dis sóós indigo, maar baie vriendelik­er met die omgewing.

Om een paar jeans te kleur, word 113 liter water benodig. Die chemiese stowwe wat by die water gevoeg word,

Hoe is die gebruik van indican beter?

kan baie skade aan die Aarde doen en ook jou vel brand as dit aan jou raak. Haal jy daardie skadelike chemikalie­ë uit die proses, is dit baie beter vir die gesondheid van die werkers in ’n tekstielfa­briek. Dit sal ook die afvalwater minder skadelik maak.

Die pad vorentoe

Ditte Welner, die hoofnavors­er agter die nuwe kleurstof, sê sy weet die nuwe metode sal waarskynli­k nie van die begin af vir alle vervaardig­ers moontlik wees nie.

Sy het bereken indican sal $0,07 meer kos vir elke paar jeans wat gekleur word.

Maar sy hoop groot maatskappy­e wat jeans vervaardig, sal die nuwe metode begin toepas.

 ?? ??
 ?? ?? Dit is hoe droë indigo in poeiervorm lyk.
Dit is hoe droë indigo in poeiervorm lyk.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa