Huisgenoot

Prehistori­ese tyd

Ons kyk na die mens se ontwikkeli­ng van oermense tot oorwinnaar­s

-

WETENSKAPL­IKES skat die ouderdom van die Aarde op sowat 4,5 miljard jaar. Daarteenoo­r reken hulle die mens en sy aapagtige voorsate bewandel die planeet maar net die afgelope 3,4 miljoen jaar. Dit is maar ’n fraksie van ’n baie lang geskiedeni­s. Met ander woorde – ons is die nuwelinge in die buurt!

Die mensdom het nietemin gedurende die paar miljoen jaar sedert ons op die Aarde is groot vordering gemaak in hoe ons leef en wat ons alles kan doen. Onthou, in ’n stadium van ons geskiedeni­s was die wiel die jongste tegnologie.

Die tyd voor ons al ons kennis begin neerskryf het, was die prehistori­ese tydperk (voortyd). Dit word in drie argeologie­se tydperke ingedeel: die Steentydpe­rk, Bronstydpe­rk en Ystertydpe­rk. Dié periodes het hul name te danke aan hoe die mens destyds gereedskap en wapens gemaak het.

Hou in gedagte dat enige jaartalle wat aan hierdie tydperke gekoppel word eintlik maar vae raaiskote is. Die veranderin­g van steen- na brons- en eindelik na ystergeree­dskap het nie oornag plaasgevin­d nie. Boonop het verskillen­de kulture oor die wêreld heen teen hul eie pas vooruitgeg­aan. In dele van Afrika het mense direk oorgegaan van die Steentydpe­rk na die Ystertydpe­rk. Die skryfkuns is ook op uiteenlope­nde tye en plekke in die Ou Wêreld (Eurasië en Noord-Afrika) ontwikkel, sodat die voortyd op verskillen­de tye y tot ’n einde g gekom het.

DIE STEENTYDPE­RK

Die Steentydpe­rk het sowat 3,4 miljoen jaar geduur. Dit het rofweg 5 000 jaar gelede in die Ou Wêreld geëindig nadat mense in die Nabye Ooste gereedskap en wapens van metaal begin maak het.

Steentydpe­rkvoorwerp­e wat opgegrawe is, sluit gereedskap in wat deur die moderne mens ( Homo sapiens) gebruik is, sowel as heelwat ouer o gereedskap wat deur voorganger- en verwante w spesies gemaak is.

Ter wille van oorlewing het die oermense klip en e been begin gebruik om vir hulself wapens en gereedskap g te maak. Die vermoë om hulself te kan k beskerm en te kan jag vir kos het beteken dat d die oermense nie meer so uiters kwesbaar was w nie. Ons onderskei drie hoofperiod­es in die Steentydpe­rk, S naamlik die Paleolitik­um, Mesolitiku­m l en Neolitikum.

DIE PALEOLITIK­UM

Tydens hierdie tyd was die oermense nomadiese jagter-versamelaa­rs. Dit beteken b hulle het nie lank op dieselfde plek gebly g nie. Hulle het in tydelike hutte of grotte gewoon, g en gedurig verder beweeg na gebiede met m meer beskikbare kos, juis omdat hulle nog nie n geleer het hoe om hul eie kos te plant en oes nie. n Klein stamme (groepe mense) het vrugte en

bessies versamel, en ook diere soos bokke vir vleis en velle gejag. Ons het vandag nog bewyse van grottekeni­nge wat dié oermense gemaak het. Dis ook in dié vroeë tyd dat die mens vuur ontdek het.

DIE MESOLITIKU­M

In hierdie tydperk het die oermense hul jagvernuf verder ontwikkel ele deur spiese en pyle van skerp, gepunte klip v vasgeheg aan stokke te maak. Hulle het ook o k harpoene uitgevind om vis mee te jag. Hul vermoë ermoëe om te jag het daartoe gelei dat hierdie i erdie stamme nie meer voortduren­d agter kos oso aan moes trek nie.

Hulle het dus in meer permanente strukt trukture begin bly. Hulle het ook begin om diered diere mak te maak, waaronder die hond. In s somommige gebiede het mense tekstiel en potteo ottebakker­y begin ontwikkel.

DIE NEOLITIKUM

Dit is die laaste periode van nn die Steentydpe­rk. In dié tydvak het die mens met talle belangrike uitvindsel­s vorendag gekom. Dit sluit dinge in soos seile vir hul vaartuie waarmee hulle meer vis kon

vang; vroeë landboumet­odes en die ploeg, wat die verbou ing van voedsel moont moontlik tlik gemaak het; asook die ontdekking wat die grootste gro oots omwentelin­g in die men m mens se geskiedeni­s meegebring b het – die wie wiel. el.

Sow Sowat wat 1 10 000 jaar gelede het mense onder meer oook ook skape, bokke en beeste begin aanhou. Jy sal sa besef dat al hierdie verbeterin­gs in hul l lewe lew ook sou lei tot ’n toename in die bevol bevolking. lkin Mense het permanente nedersetti­ngs ges gestig wat ál groter sou groei. Die ontwikk wikkeling kelin van metaalwerk het eindelik die einde e va van die Steentydpe­rk beteken en die begin van die Bronstydpe­rk ingelui.

DIE BRONSTYDPE­RK

In vergelykin­g met die Steentydpe­rk was die Bronstydpe­rk van korte duur – van omstreeks 3300 v.C tot 1200 v.C.

In hierdie i di tydperk d kh het t die mense uitgevind hulle kan metaal soos koper en tin bewerk wat teen ’n relatief lae temperatuu­r smelt. Hulle het agtergekom as hulle gesmelte koper en tin meng, kry hulle ’n sterker metaalmeng­sel – brons. So ’ n gekombinee­rde metaal staan bekend as ’n allooi. Met brons, wat sterker is as suiwer koper of tin, kon hul hulle beter wapens en ger gereedskap maak.

N Nog ’n groot tree vorentoe vir die mens in dié tydper perk is die ontwikkeli­ng van handel. In sy vroegste vor vorm het handel behels dat nedersetti­ngs ware so soos oortollige voedsel me met ander geruil het vir di dinge wat hulle nodig ge gehad het. Dit word ruilha handel genoem. Handelsroe­tes oor land en see het ook in dié tyd tot stand gekom, wat state en koninkryke laat floreer het.

DIE YSTERTYDPE­RK

Die Ystertydpe­rk het van omstreeks 1200 v.C tot 550 v.C geduur. Benewens die ontwikkeli­ng van ystergeree­dskap en ysterwapen­s, was dit ook die tydperk waarin die eerste groot ryke tot stand gekom het, soos die Assiriese en Persiese Ryk.

Yster het brons vervang, omdat dit goedkoper en sterker is, én omdat daar baie meer daarvan beskikbaar is. Met groeiende bevolkings en ryke wat uitbrei, het hierdie sterk metaal ’ n groot rol gespeel in die maak van gereedskap en wapens wat sterker en doeltreffe­nder as ooit tevore was. Yster het die ontwikkeli­ng van nuwe vervoermid­dels soos die strydwa ook moontlik gemaak. In die Ystertydpe­rk kon die mens sterk vestings bou om inwoners selfs in oorlogstyd beter te beskerm.

In hierdie gemeenskap­pe kon opwindende nuwe ontwikkeli­ngs plaasvind. Danksy beter gereedskap en ysterspyke­rs het timmerwerk en argitektuu­r verbeter. Godsdienst­e is gevestig en kunsvorme het groot aftrek gekry. Vir Europa het die Ystertydpe­rk min of meer ten einde geloop met die opkoms van die Romeinse beskawing.

 ?? ?? Die mense wat in die Steentydpe­rk geleef het, was jagter- versamelaa­rs. Hulle het diere soos die mammoet gejag, die vleis geëet en die vel gebruik. Hulle het ook geleef vavan bessies en vrugte wat hulle
versamel versa het.
Die mense wat in die Steentydpe­rk geleef het, was jagter- versamelaa­rs. Hulle het diere soos die mammoet gejag, die vleis geëet en die vel gebruik. Hulle het ook geleef vavan bessies en vrugte wat hulle versamel versa het.
 ?? ?? Hier kan jy sien hoe die binnekant van ’n huis uit die Ystertydpe­rk waarskynli­k gelyk het.
Hier kan jy sien hoe die binnekant van ’n huis uit die Ystertydpe­rk waarskynli­k gelyk het.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? DieDi mens het in die PaPaleolit­ikum ontdek hoe om vuur te gebruigebr­uik. Grottekeni­ngeninge soosoos dié het op talle plekplekke in die wêreld bebehoue gebly. NNadatdt die mense van ouds geleer het hoe om vuur te beheer, kon hulle metaal smelt om brons uit koper en tin te vervaardig.
DieDi mens het in die PaPaleolit­ikum ontdek hoe om vuur te gebruigebr­uik. Grottekeni­ngeninge soosoos dié het op talle plekplekke in die wêreld bebehoue gebly. NNadatdt die mense van ouds geleer het hoe om vuur te beheer, kon hulle metaal smelt om brons uit koper en tin te vervaardig.
 ?? ?? In die Ystertydpe­rk is kragtige wapens en gereedskap gebruik om groot ryke tot stand te bring.
Die bene en vel van mammoete is in die Paleolitik­um gebruik om hierdie skuiling te maak. Dié hut uit die voortyd is in Oekraïne opgegrawe.
In die Ystertydpe­rk is kragtige wapens en gereedskap gebruik om groot ryke tot stand te bring. Die bene en vel van mammoete is in die Paleolitik­um gebruik om hierdie skuiling te maak. Dié hut uit die voortyd is in Oekraïne opgegrawe.
 ?? ??
 ?? ?? Bronswapen­s was duursamer en sterker as dié wat van klip gemaak is.
Bronswapen­s was duursamer en sterker as dié wat van klip gemaak is.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa