Huisgenoot

SÁÁM OP DIE PAD

-

AMANDA AMA EN DAVID

“Ek en David het mekaar in 1982 ontmoet toe ons saam met Coenie de Villiers vir die destydse kunsteraad deur d die Vrystaat getoer het,” vertel Amanda.

David Da se produksie Ver in die wêreld Kittie is vanjaar as a die beste musiekgedr­ewe produksie (teater) aangewys. aang

“Ek “E en Coenie was sy opening act – hy was so gewild, ons het eintlik geweet die mense kom kyk vir hom en nie vir ons nie.”

David D is “een van die grootste kreatiewe geeste” wat sy ken. “Hy is ’n nederige mens en lojale vriend. Hy het iets reggekry wat min kunstenaar­s al reggekry het: Hy het die mense wie se stories ons nooit geken het nie – die onderdrukt­es – vir ons op die mees kreatiewe kre en kleurryke maniere kom vertel.”

David en sy vrou, Renaye, was nog altyd kosbaar in haar lewe, sê sy. “Ek en hy ken albei die ligte en donker ke kant van die lewe. En ons is altyd daar om mekaar op te tel en te inspireer. Ek het hom oneindig lief.”

AMANDA EN TOBIE

“Ek en Tobie het in 1983 of ’84 die eerste keer saamgewerk,” onthou Amanda. “Dit was aan die TVmusieksp­el Die hemelbed. Die stuk het begin met die paartjie se huweliksna­g, en die stories het hulle gevolg tot hulle stokoud was en uit die kamer moes trek.”

Tobie is die liefde self, sê sy.

“Vir hom het ek so ’n sagte plek, maar ek wonder er of daar ’n mens in die land is wat nié vir hom ’n n sagte plek het nie. Hy is ’n diep en skugter mens. Hy koester die kind in hom en laat jou altyd voel jy is die spesiaalst­e mens in die vertrek.”

Hulle het ná Die hemelbed eers weer in die pandemie saamgewerk – eers vir die komedie Kranksinni­g en daarna in die fliek Mike en Mavis.

En die twee het deur al die jare boesempell­e e gebly.

“Ek het hom lief met my hele hart,” sê Amanda. “Hy en David is albei volksbesit.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa