Huisgenoot

AS BOET OF SUS ’N BEDORWE BROKKIE IS

-

DIS die ou, ou storie: Dít wat dalk net lastige gedrag by ’n kind is, kan irriterend wees by ’n tiener en onuithoudb­aar by ’n volwassene. En dít moet jy maar weet: Die kind wat jy vandag grootmaak, word die volwassene wat jy môre die wêreld instuur. Hoe dan gemaak met ’n kind wat gereeld soos ’n bedorwe brokkie optree? Dis een ding as dit net vandag se streke is, maar sê nou daardie eiegeregti­gheid word ’n patroon?

Niemand beplán om ’n selfgesent­reerde kind groot te maak nie. Jy versorg jou spruite as hulle babas en kleuters is wat eintlik nog niks vir hulself kan doen nie, en soms ontstaan die gewoonte waar jy dan ook later alles vir hulle doen. Jy wil die lewe vir hulle net maklik en lekker maak, enige klein frustrasie uit die pad vee, en inspring om elke struikelbl­ok te oorbrug en elke droom waar te maak.

Maar dis mos nie hoe die lewe later werk nie. Namate kinders ouer word, moet jy hulle toelaat en aanmoedig om sekere dinge self aan te pak – hetsy dit dan nou vir hulle bevredigen­d of frustreren­d sal wees. Dit leer hulle deursettin­gsvermoë en dissipline – en dís soms wat dit ook van jou as ouer verg om nié in te gee nie.

Om nie grense daar te stel nie, kan veroorsaak dat kinders leer om selfgesent­reerd op te tree, sê kenners by die American Academy of Pediatrics.

Dis nie net die wete dat enige verwagting of behoefte bevredig sal word wat ’n bedorwe brokkie kan kweek nie – dit gaan nie net oor materiële dinge nie, verduideli­k die ouerskapke­nner dr. John Rosemond. Dis ook as ouers hul kind soos ’n soort afgod behandel wat daardie soort eiegeregti­gheid kan verander in ’n ingesteldh­eid.

WANNEER MOET JY INGRYP?

◗ JOU KIND ONDERBREEK GEREELD GESPREKKE

Baie jong kinders val ander mense gereeld in die rede, maar later moet hulle begin leer om te luister en hul beurt af te wag. Dis deel van die proses om te leer ander mense se tyd, ruimte en behoeftes is ook belangrik. Jy wil dalk jou gesprek kortknip om eers na jou kind te luister, maar sê: “Wag, liefie, ek is nou by jou.” Maak dan jou gesprek eers klaar, en gee dan aandag aan jou kind. So leer hulle luister en om hul beurt af te wag. Onthou wel dit kan vir sommige kinders werklik moeilik wees, onder meer vir kinders met ADHD of op die spektrum. Dié kinders is nie bloot “stout” nie en benodig dikwels bykomende ondersteun­ing om hul gedrag te leer bestuur.

◗ JOU KIND SÊ NIE ASSEBLIEF EN DANKIE NIE

Dit klink soos iets wat die oumense sou sê, maar jy kan ver kom as jy jou kind leer om “asseblief” en “dankie” te sê. Dis twee sulke klein woorde, maar dit gaan nie net oor goeie maniere nie – dit leer kinders dinge kom nie vanself nie, en om ander te respekteer. Daardie soort ingesteldh­eid help kinders om te leer om ander ook in ag te neem. Stel ’n voorbeeld en wys jou kind jy sê dit óók – en ook wanneer jy praat met hom.

◗ JOU KIND VERONTAGSA­AM GEREELD JOU REËLS

Dit verg soms ’n ysere wil om reëls konsekwent toe te pas – soms is dit makliker om maar net in te gee. Maar as jy jou kind gereeld toelaat om jou reëls te breek, wys jy hulle dat gesag iets is wat eintlik maar met minagting behandel kan word, of dat alles oop is vir onderhande­ling. As jou kind bly smeek vir nog skermtyd of ietsie in die winkel nadat jy klaar nee gesê het, is dit moeilik om te hou by jou “nee” – maar dis belangrik dat jy hou by jou woord, want so leer hy hou by jou reëls.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa