Huisgenoot

SKEP SÓ VIR JOUSELF VREUGDE

-

Glo dit of nie, geluk is nie net touchy-feely nie – dis iets wat deur geleerdes aan universite­ite bestudeer word.

Trouens, navorsers aan die Universite­it van Kalifornië in Berkeley het in 2022 selfs ’n projek genaamd The Big Joy op die been gebring.

Die doel? Om te kyk hoe mense met klein dingetjies vir hulself vreugde kan skep.

“Dit behels oefeninge en aktiwiteit­e waarmee jy die vaardighed­e slyp wat jou gelukkiger maak,” sê Emiliana Simon-Thomas, een van die navorsers wat deel is van die projek.

Hul bevindings was verrassend eenvoudig – en dit wys daar is maklike dinge wat jy kan doen om gelukkiger te voel.

◗ WEES OOP VIR VERWONDERI­NG

Wees oop en ontvanklik vir die mooi en spesiale dinge in die lewe. Sien dit raak, en laat toe dat dit jou vir ’n oomblik meevoer.

◗ VIER ANDER SE VREUGDE

Vra uit oor ander mense se goeie ervaringe, en wees saam met hulle bly. Blydskap kan groei as dit gedeel word.

◗ HOU DAGBOEK VAN JOU DANKBAARHE­ID

Dit klink na die soort ding wat almal sê, maar iets wat niemand doen nie, maar studies wys mense wat doelbewus dink aan die dinge waarvoor hulle dankbaar is, voel meer optimistie­s oor die lewe. Maak gereeld ’n lysie van die dinge waarvoor jy dankbaar is. Daardie dinge is iets om te vier!

◗ DOEN IETS ONBAATSUGT­IGS

Om iets vir iemand anders te beteken, kan baie bevredigen­d wees – selfs al weet hulle nie eens jy het dit gedoen nie. Gee van jouself – hetsy dit jou tyd, jou aandag, jou talente of iets materieel is. Dis waar wat hulle sê: Om te gee is soms lekkerder as om te kry.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa