Huisgenoot

DIE TWEE SOORTE INFLAMMASI­E

-

Het jy seer? Dalk is dit daai ou vyand inflammasi­e. Maar dis nie net die vyand nie – dis ook ’n vriend. Want inflammasi­e kan ’n sleutelrol speel in jou liggaam se beskerming teen siektes of in sy herstelpro­ses ná beserings.

Dit behels in ’n neutedop jou immuunstel­sel se reaksie op iets wat jou lyf as vyandig ervaar.

DIE VERSKIL TUSSEN DIE TWEE

1 Akute inflammasi­e duur vir ’n kort rukkie, en verdwyn dikwels binne twee weke. Dis die soort wat jy kry ná ’n besering of as jy siek was.

2 Chroniese inflammasi­e duur langer – soms langer as ses weke. Dit kan ontstaan selfs al was jy nie siek nie of het jy nie seergekry nie, of dit kan aanhou lank nadat jy weer gesond of op die been is. Dit hou soms verband met verlengde tye van stres, chroniese gesondheid­toestande, outoïmmuun­siektes of selfs genetiese afwykings.

HOE WYS JOU LYF VIR JOU DIT WORSTEL MET INFLAMMASI­E?

Hitte: Die area wat geaffektee­r is, voel warm as jy daaraan raak.

Pyn: Die ontsteekte area is die hele tyd seer, of seer as jy daaraan vat.

Rooiheid: Die deel wat geraak word, verkleur.

Verlies aan funksie: Jy vind dit moeilik om daardie deel van jou liggaam te beweeg of voel lam in daardie deel.

Met chroniese inflammasi­e is die tekens nie altyd so duidelik nie. Maar as dit jou maande of selfs jare al opkeil, kan dit jou lewensgeha­lte raak en ander gesondheid­sprobleme vererger.

Inflammasi­e is nie ’n vloek nie – dis deel van jou liggaam se manier om homself gesond te maak. Maar as jy leef met chroniese inflammasi­e, kan dit jou dae versuur.

Wat kan jy doen? Volg die Mediterree­nse dieet, vermy verwerkte kosse en suiker, oefen gereeld en vermy dinge soos rook en alkohol. Spreek ’n dokter as dinge nie binne ’n paar weke beter raak nie, want dan is daar dalk onderligge­nde oorsake wat behandel moet word.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa