Huisgenoot

PHILISKA CUPIDO OOR HAAR STEVE

-

EK WAS klein toe ons uit die flatse getrek het na die huis waar ons nou in Groenheuwe­l in die Paarl bly. Steve-hulle het ook toe Groenheuwe­l toe getrek. Ek ken hom al my hele lewe lank. Ons het altyd wegkruiper­tjie met die ander kinders gespeel en dan het ons twee saam weggekruip. As ons rugby gespeel het, het hy net vir my kom duik.

En kyk, toe ek in standerd vier kom, toe besef ek: Ek dink ek voel iets vir dié outjie. Want elke keer as ek hom sien, raak ek excited.

Toe ons hoërskool toe gaan, is ons so te sê in ’n verhouding. Hy’t nie gevra nie, maar hy was my outjie, en ek was sy meisie. Soggens vat hy my halfpad skool toe, want ons was nie by dieselfde hoërskool nie.

Laat ek nou ’n geheim vertel . . . Steve het elke aand, as my ma gaan slaap, deur die venster geklim. Dan was dit nou ’n gevryery. Dit was snaakse tye.

Op hoërskool het ons begin ernstig raak en my onnie het dit agtergekom. In standerd 8 sê my meneer: “Nou is jy besig met regte liefde, want jou skoolwerk gaan agteruit.”

Steve gee my nou nog daai huppel in my stap. Daai bokspring.

Ons is nie romantical­ly aangedrewe nie. Maar die pad na my man se hart lê deur sy maag. As ek hom kan skepvoer, maak dit my die gelukkigst­e mens. Hy’t ’n gesonde eetlus.

Ons het op 19 November 2011 getrou. Daai dag was ongoddelli­k warm, maar Steve het bly staan in sy suit. Hy’t nie een keer sy baadjie uitgetrek nie.

Ek het vir Steve gesê ek soek ’n limo of ’n vintage kar vir die troue. Dis al.

So kom ek en Steve eendag in Wellington en sien oorkant die pad staan so ’n outydse, vintage kar in die venster. Hulle sê toe die kar werk nie reg nie, maar hulle gaan probeer vir ons.

Op die dag van die troue moes die vrou eers kyk of die kar gaan start, maar ek het kiertsrego­p in die kar gesit en blý sit, want in daai kar wou ek wees.

Daar was ’n stootjie hier en daar, maar hy het gery en my by die kerk gekry.

Dit was die kar se heel laaste trip, want net daarna was hy klaar met die lewe. Sy laaste trippie was na ons troue, maar dit was die begin van my en Steve se trippie in ons sprokieshu­welik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa