Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur oorspronkl­ike grappies na grappies@huisgenoot.com. Jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Sluit jou naam en kontakbeso­nderhede in.

ANDERSTE GROENIGHEI­D

Hoe weet jy wanneer jy in ’n oujongkêre­l se huis is? Al die potplante is dood, maar daar groei iets op die kaas in die yskas.

ANTON, BELLVILLE

VINGERFOUT

Sarel is al weer in die moeilikhei­d by sy vrou en besluit om vir haar blomme te stuur. Hy vra toe die bloemis om die boodskap “Ek is jammer. Ek is lief vir jou” op die kaartjie te skryf.

Maar toe hy ná werk ewe kordaat in die huis instap, gee sy vrou hom ’n klap en gooi die blomme na hom. Verbaas kyk Sarel na die kaartjie en sien toe die bloemis het geskryf: “Ek is jammer ek is lief vir jou.”

ANTON, BELVILLE

EISJ

Jan: Gehoor van die Eskimo wie se igloe gesmelt het?

Gert: Was dit aardverwar­ming? Jan: Nee, hy het die strykyster aan vergeet. LOUISE NOETH

WYSHEID

Gee ’n man ’n vis en jy voed hom vir ’n dag. Leer hom om vis te vang en jy is ontslae van hom vir ’n hele naweek.

NAMIBIË

HESTER, PENDELPROB­LEME

Baas: “Kan jy asseblief hierdie Saterdag kom werk? Ek weet dis naweek, maar ek het jou hier nodig.”

Jors: “Ja, dis geen probleem nie. Maar ek sal miskien laat wees, want oor naweke is die openbare vervoer maar min en stadig.” Werkgewer: “Hoe laat dink jy sal jy hier kan wees?”

Jors: “So teen Maandagogg­end se kant.” SAN MARCHAND

ROSE IS ROOI EN SPORTMOTOR­S OOK

Man aan sy meisie: “Liefie, op hierdie Valentynsd­ag wil ek net vir jou sê . . . Ek is nie ryk soos Hennie nie. Ek het nie ’n groot huis soos Jaco nie. En ek het dalk nie ’n Porsche soos Martin nie.

VERMAAK

Maar ek is lief vir jou en ek wil met jou trou.”

Sy: “Ag, lammie, ek is lief vir jou ook! Wat het jy oor Martin gesê?”

JOHANNA RADEMEYER G’N VERSKEIDEN­HEID

Jy weet jou lewe is vervelig as daar net werkklere en slaapklere in jou hangkas is. L. SAAYMAN

Wat het ons ouers gedoen om verveling uit te skakel voor die internet daar was?

Ek het my 26 broers en susters gevra en hulle weet ook nie.

DENISE, PRETORIA

SALIGHEID

In die Sondagskoo­lklas vra Juffrou: “Wat noem ons ’n vrou wat in die hemel is?”

“ ’n Engel!” roep Santie uit.

Juffrou: “Mooi so! En wat noem ons ’n gróép vroue in die hemel?”

Santie: “ ’n Engelskare!”

Juffrou: “En as ál die vroue in die hemel is?”

Hansie: “Vrede op aarde, sê my pa!” SAN MARCHAND

NOODREGULA­SIE

Kennisgewi­ng teen ’n kloostermu­ur: “In geval van brand, verbreek jou eed van stilswye.” LOUISE NOETH

AANLOKLIK

Pasiënt aan ’n dokter: “Dokter, help my, asseblief. Ek dink ek is ’n mot.”

Dokter: “Ek is jammer, maar ek is nie die regte dokter nie. Jy moet ’n psigiater gaan sien.”

Die pasiënt sug: “Ek wou. Maar die lig in jou kantoor is soveel helderder.”

DENISE, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa